Taks: Namibië wil by wêreld aansluit
Die land sit pogings voort om ’n lid van wêreld- belastinginligtingsliggame te word.
Augetto Graig - Die manier waarop Namibië belasting invorder, kan binnekort die steun van wêreldliggame geniet.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het die kabinet se goedkeuring gekry om belastinginvordering met die hulp van wêreldliggame op te gradeer.
Dit beteken die ministerie kan pogings voortsit om Namibië by die 154 lande van die Wêreldforum vir Deursigtigheid en die Uitruil van Inligting vir Belastingdoeleindes te laat aansluit.
Schlettwein kan ook namens Namibië aansoek doen om by die Organisasie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) se 36 lede aan te sluit.
Daarmee sal Namibië ook die insluitende raamwerk vir Basis-erosie en Winsverskuiwing (BEPS) saam met 125 ander lande kan implementeer.
Met die aankondiging van hierdie kabinetsbesluit het mnr. Stanley Simataa, minister van inligting en kommunikasietegnologie, gesê aansluiting by dié wêreldliggame sal vir Namibië voordelig wees weens die toegang tot inligting wat dit tot gevolg sal hê.
Schlettwein se verslag aan die kabinet hieroor volg op die Europese Unie (EU) se besluit in Desember 2017 om Namibië as belastingtoevlugsoord te swartlys.
Hoewel Namibië in November 2018 van die swartlys verwyder is, het die finansminister steeds aanbeveel dat Namibië by die betrokke organisasies aansluit en van die gepaardgaande nuwe belastinginligtingsinstrumente gebruik maak.
Volgens die OECD verwys BEPS na belastingbeplanningstrategieë wat skuiwergate in belastingreëls uitbuit om wins na regsgebiede van lae of geen belasting te verskuif.
Besighede wat sake oor grense heen bedryf, kan van BEPS gebruik maak om ’n mededingende voordeel bo plaaslike maatskappye te verkry, waarsku die OECD.
Wanneer belastingbetalers sien multinasionale korporasies vermy inkomstebelasting wettiglik ondermyn dit boonop belastingbetalers se vrywillige nakoming van die wet, sê die organisasie.
Die OECD is in 1963 tot stand gebring en is ’n amptelike Verenigde Nasies-waarnemer. Die meeste lidlande van die organisasie word as ontwikkelde lande beskou.
Die Wêreldforum is in 2000 deur die OECD en ander lande gestig om internasionale standaarde en belastingdeursigtigheid te bevorder.
Van die 154 lede van die forum word vereis om internasionale standaarde vir deursigtigheid en die uitruil van belastinginligting te handhaaf, om aan hersiening deur eweknieë deel te neem, en om in die geval van onontwikkelde lande jaarliks €17 500 (sowat N$286 000) tot die organisasie by te dra. ’n Groter bydrae word van ontwikkelde lande verwag.
Die kabinet het ook opdrag gegee Schlettwein moet om uitstel aansoek doen om genoeg tyd te hê om aan die genoemde organisasies se vereistes te voldoen.
Simataa sê Namibië sal by aansluiting by die OECD se belastinginligtingsnetwerk baat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie