Tannie Eileen Swart môre begrawe
Ronelle Rademeyer
’n Bekende oudskoolhoof en destydse kaptein van die Suidwes-Afrika nasionale netbalspan, me. Eileen Swart, is verlede Saterdag ná ’n lang siekbed in die Oude Rust-oord in Windhoek oorlede.
Sy word môre om 11:00 uit die NG gemeente Pionierspark begrawe.
Die 81-jarige Swart was die weduwee van die oud-Springbokrugbyspeler Sias Swart, wat self ook ’n bekende in onderwyskringe in die land was. Hy is in 1993 in die ouderdom van 58 jaar in Windhoek oorlede.
Wyle Swart, wat op Velddrif naby Saldanha gebore is, het as jong vrou na Tsumeb gekom en die egpaar het hulle later jare as onderwysers in Windhoek gevestig. Sy was in haar loopbaan skoolhoof by die laerskole Pionierspark en Orban.
As kranige sportvrou het sy vir Suidwes-Afrika netbal gespeel en ook haar span as kaptein op die veld gelei.
Haar seun, mnr. Kallie Swart, sê sy was ’n voorbeeld en steunpilaar vir baie mense. “Sy sal voorwaar gemis word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie