Tanzaniese burger nog op vrye voet
Tanja Bause
Vyf mense het die regulasie in verband met die toegang tot Namibië gedurende fase 2 van die inperkingstydperk oortree.
Volgens genl.maj. Oscar Embululu van die Namibiese polisie is een van die mans wat die land onwettig binnegekom het nog op vrye voet en word hy deur die polisie gesoek.
“Die man is 'n Tanzaniese burger en hy het vanaf Tanzanië via Suid-Afrika die land binnegekom. Hy het in 'n vraghouer op 'n vragmotor weggekruip en tot op Walvisbaai gereis. Hy het daar sy Namibiese meisie ontmoet. Die polisie wou hom in hegtenis neem, maar hy het op die vlug geslaan en ons is nog op soek na hom,” het hy gesê.
Hy het aangekondig gedurende fase 1 wat op 28 Maart begin en op 4 Mei geëindig het, is die regulasie wat die meeste oortree is die verbod op die verkoop van alkohol, waarvoor 734 verdagtes beboet is.
Die verbod op reis om in 'n bepaalde gebied in te gaan of te verlaat is die minste oortree, met 28 mense wat beboet is. Gedurende fase 1 is 904 mense beboet.
“Tydens die huidige fase 2 wat op 4 Mei begin het en vandag eindig, is 374 mense tot en met Vrydag in verband met die verbod op die verkoop van alkohol beboet. Dit was ook die regulasie wat die meeste in fase 2 oortree is. Die regulasie wat die minste oortree is, is die verbod op toegang tot Namibië waarvoor vyf mense beboet is.”
Embululu het statistieke in verband met ernstige misdade bekend gemaak. Moorde, poging tot moord, strafbare manslag, verkragting, gewapende roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer, het afgeneem. Huisbrake waar items van meer as N$10 000 se waarde gesteel is, het afgeneem terwyl inbrake by besighede vir dieselfde waarde toegeneem het. Gevalle van bedrog, veediefstal en die handel of besit van dwelms het toegeneem.
Die statistieke is geneem 68 dae voor die noodtoestand op 17 Maart aangekondig is en vergelyk met 68 dae tydens die noodtoestand. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie