Tara-kroon vir derde keer deur Van Niekerk opgeraap
Tydrenne
Tielman van Lill - Die Suid-Afrikaner Japie van Niekerk en navigator Robin Houghton het Saterdag geskiedenis in die hoofstad gemaak toe hulle Wilro Dippenaar en navigator Riaan van der Westhuizen met 26 sekondes geklop het om vir die derde keer die Tara-titel in te palm.
Van Niekerk (S4-klas) het Saterdagoggend met ’n agterstand van een sekonde agter Dippenaar (S3) by Aris weggespring en stadig maar seker die krane begin oopdraai. Jaco Redelinghuys en navigator Cecil Koorts (S3) was agt minute stadiger in die derde posisie terwyl Richard Slamet en Wiets Coetzee die vierde plek bekleë het.
In die S4-klas was Willem en Mandi Hugo van plaaslike spanne die voorlopers terwyl Marco Luise en De Wet du Plessis (S4) elf minute stadiger was. Gert Liebenberg en Johan Thiart (S4) was die ander Namibiërs wat goed vordering gemaak het.
In die S2-klas was die broers Jannie en George Coetzee ná die eerste dag se opwinding die vinnigste, gevolg deur Ettienne van den Heever/Willy van Wyk, Peer Röhm en Eugene Marais. Ronald Slamet/Lesley Morkel, Hanré Myburg/Geon Ellis en Pieter Greeff/Steven Robinson was die voorlopers. Rolf en Kai Pretorius was die enigste deelnemers in die OR-klas en het tiende gelê.
Dick Cornelissen/Jaco Wiese (S4) was ná die eerste trajek by Tony Rust die kat se eerste slagoffers toe hulle moes onttrek. Roland Himmel/Juan Erlank en JD Kessler/Willem Wessels het onderskeidelik vyf en drie sneldele voltooi terwyl Jacques en Leon Botha glad nie weggespring het nie.
Saterdag moes nog drie van die spanne weens meganiese probleme onttrek wat ’n veld van 12 deelnemers gelaat het. Richard Slamet/Wiets Coetzee, Rolf Pretorius/Kai Pretorius asook Ronald Slamet en Lesley Morkel moes die aftog blaas.
Uitslae
Algeheel. 1. Japie van Niekerk/Robin Houghton (2:05:07). 2. Wilro Dippenaar/Riaan van der Westhuizen (2:05:33). 3. Jaco Redelinghuys/Cecil Koorts (2:18:10).
Klaswenners
S1: Hanré Myburg/Geon Ellis (2:54:27). 2. Peer Röhm/Eugene Marais (3:04:30). 3. Pieter Greeff/Steven Robinson (3:20:47).
S2: 1. Jannie Coetzee/George Coetzee (2:41:27). 2. Ettienne van den Heever/Willy van Wyk (2:50:46). 3. Tinus Malan/Paul van Niekerk (3:24:52).
S3: 1. Wilro Dippenaar/Riaan van der Westhuizen (2:05:33). 2. Jaco Redelinghuys/Cecil Koorts (2:18:10). 3. Allan Martin/Melwin Gous (2:21:47).
S4: Japie van Niekerk/Robin Houghton (2:05:07). 2. Willem Hugo/Mandi Hugo (2:26:15). 3. Gert Liebenberg/Johan Thiart (2:48:18).
Namibiese afdeling
Algeheel. 1. Wilro Dippenaar/Riaan van der Westhuizen. 2. Jaco Redelinghuys/Cecil Koorts. 3. Richard Slamet/Wiets Coetzee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie