Taxibestuurder verkrag glo skoolmeisie
Taxibestuurder verkrag glo skoolmeisie

Taxibestuurder verkrag glo skoolmeisie

Francoise Steynberg
'n Sewentienjarige skoolmeisie van Walvisbaai is Sondag glo tussen 01:30 en 02:00 onder die Narraville-brug langs Sam Nujomarylaan deur 'n taxibestuurder verkrag en daar gelos.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die meisie glo 'n taxi van die Seepunt-lokasie af na Frankie Abrahamstraat in Kuisebmond geneem, maar die taxibestuurder het haar glo na die brug geneem en haar daar verkrag.

"Die taxibestuurder het weggery en die slagoffernet daar gelos. Die verdagte is onbekend en nog nie in hegtenis geneem nie."

In die Oshikotostreek by die Oiikunino-nedersetting is 'n 13-jarige meisie glo Saterdag deur 'n 23-jarige man verkrag. Die meisie het glo saam met haar suster huis toe geloop toe hulle die man teëkom.

"Die man het die meisies na bewering gejaag en die 13-jarige gevang, haar na sy kamer gesleep en verkrag," sê die polisie.

Die verdagte is in hegtenis geneem en sou in die landdroshof op Ondangwa verskyn.

Twee mans, albei 25 jaar oud, het verlede week glo ’n 16-jarige gehoorgestremde meisie in ’n rivierbed op Aroab verkrag. Beide is in hegtenis geneem.

In die Ohangwenastreek naby die Oshikango-polisiekantoor is ’n 31-jarige vrou verlede Woensdag glo deur ’n onbekende man met ’n mes aangehou en verkrag terwyl sy op pad huis toe was. Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!