Taxidrywers wil Maandag optog hou
Taxidrywers wil Maandag optog hou

Taxidrywers wil Maandag optog hou

Augetto Graig
Augetto Graig



Die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) het kennis gegee dat sy lede beplan om Maandag 'n vreedsame optog vanuit Katutura tot by die hoofkantoor van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping in Khomasdal te hou.

Volgens die vakbondleier, mnr. Werner Januarie, is die doel van die optog om vir dié ministerie se permanente sekretaris, mnr. Bro-Mathew Shinguadja, te vra om in te gryp en beter salaris- en werksomstandighede vir taxi­bestuurders te beding.

Volgens Januarie wil die taxibestuurders die arbeidsministerie se hulp hê vir beter vergoeding en 'n verhoging in hul kommissie van 30% tot 40%, wat 'n basiese salaris van N$4 000 per maand kan beteken. “Ons ontvang nou al lank 30% kommissie en soek ook beter werksomstandighede soos al die ander werkers in die land geniet,” het hy gesê. “Ons wil baie graag hê die werkers in die bedryf moet beskerm word teen omstandighede waarin hulle uitgebuit word,” sê Januarie.

Die vakbond wil ook hê dié ministerie moet die ministerie van werke en vervoer aanmoedig om die taxibedryf beter te reguleer deur middel van die beplande vinnige reaksie-strategie. Dié strategie vir die openbare vervoerbedryf in Namibië is in vennootskap met die Duitse ontwikkelingsagentskap, GIZ, opgestel en moes al in werking gewees het.

Januarie sê taxibestuurders is oortuig die strategie sal, wanneer dit toegepas word, tot voordeel van alle belanghebbendes wees.

Die vakbond het reeds die polisie genader om hulle tydens die optog te vergesel, wat van 10:00 tot 12:00 beplan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!