Taxivakbonde woedend vir Kanime
Maria Eiseb - Windhoek se stadpolisie moet ophou om by die taxibedryf in te meng.
Só sê die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) en die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU).
Hulle het onlangs ’n nuuskonferensie in die hoofstad byeengeroep om hul ontevredenheid uit te spreek oor mnr. Abraham Kanime, hoof van Windhoek se stadspolisie, wat glo komitees stig sonder om hulle te raadpleeg.
Volgens mnr. Penandapala Nakathingo, sekretaris-generaal van Nabta, en mnr. Werner Januarie, president van die NTTU, het Kanime onlangs ‘n vergadering met taxibestuurders belê en 'n komitee gestig.
Die vereniging en vakbond is ontevrede met die feit dat “Kanime net opstaan en komitees met die taxibestuurders en -eienaars stig” .
“As Kanime ons nie respekteer nie, sal hy ook nie respek van ons af kry nie,” het Januarie gesê.
“Hy is ’n gerespekteerde lid van die gemeenskap, maar vir ons van die unie is hy net ’n jong mannetjie. Die toepassing van regulasies wat openbare vervoer betref, is ons verantwoordelikheid, nie syne nie,” het hy gesê.
Januarie vereis 'n geldige rede waarom Kanime die komitee gestig het.
Volgens hom wil hulle takbestuurders uitnooi om die vergadering by te woon wat hulle vir die komende week beplan, sodat Kanime kan sien “daar is mense in hierdie land wat met hom op sy vlak sal omgaan”.
Hy het gesê Kanime het ’n komitee van taxibestuurders en -eienaars in die vakbonde se teenwoordigheid byeengeroep sonder om hulle te raadpleeg.
Januarie het gesê dié optrede spreek nie net van ’n gebrek aan respek nie, maar is ook ’n belediging.
Volgens Nakathingo is kwessies wat die vereniging in die gesig staar die feit dat baie taxibestuurders in moeilike omstandighede werk en finansieel aan die kortste end trek.
Daar is min taxihaltes, en boetes word gereeld aan bestuurders uitgereik, het hy gesê.
Kanime se mag strek net so ver as Windhoek se munisipaliteit en nie verder nie, het Januarie voorts gesê.
“Die komitee wat gevorm is, is onwettig. Daarom versoek ons lede van alle vakbonde om vergaderings by te woon sodat die kwessie bespreek kan word.
“Moontlik kan ons ook die 20%-styging in taxitariewe bespreek, maar ons moet eers met die ministerie van werke en vervoer onderhandel,” het Januarie gesê.
Volgens Kanime verhoed geen wet hom om met taxibestuurders saam te werk nie.
Dit is volgens hom deel van gemeenskapspolisiëring en probleemoplossing.
“In die beleid word niks gemeld oor vakbonde of die stigting van komitees nie. Dit verhoed my dus nie om in te meng nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie