Te vroeg om oor u2018efundjau2019 te su00ea
Te vroeg om oor u2018efundjau2019 te su00ea

Te vroeg om oor ‘efundja’ te sê

Die Namibië Hidrologiese Dienste sê hy sal eers oor sowat ’n maand weet of vooruitsigte op ’n efundja bestaan.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Hoewel die Etoshapan reeds water gekry het en sommige oshanas in die Noorde water bevat, is dit nog te vroeg om te sê of ’n efundja vanjaar sal afkom.

Me. Paulina Mufeti, hoof van hidrologie by die Namibië Hidrologiese Dienste, sê wel die situasie “kan interessant raak” omdat die eerste reën in die Cuvelai-opvangsgebied die grond versadig het, wat beteken water kon reeds in sommige oshanas (groot poele) versamel.

Sy sê in sommige gebiede word reeds in mukoros (uitgekerfde houtbootjies) tot by beeste geroei.

“Ons sal eers teen Maart of einde Februarie meer duidelikheid oor ’n efundja hê,” sê sy.

Mufeti verduidelik die woord efundja verwys na ’n massa water wat afkom en eers in en dan verder van oshanas af vloei.

Dit behels dat die grond in die opvangsgebied eers deur reën versadig moet word.

Mufeti meen die feit dat die Etoshapan reeds water gekry het, is betekenisvol, want dié pan is ’n eindpunt in die opvangsgebied.

Sy sê die Etoshapan se opvangsgebied is dieselfde as dié vir ’n efundja, maar dat ’n efundja s’n meer aan die delta-kant van die Cuvelai-opvangsgebied geleë is.

Sy sê die ishanas, wat na swak gedefinieerde waterdreineringspatrone verwys, se water het eindelik na die Etosha-pan gevloei.

“Meer reën is egter nodig vir ’n efundja om af te kom, en dit behels ’n ingewikkelde proses. Dit hang van reënneerslae stroomop in Angola en die noorde van Namibië, asook die hoof- Cuvelairivier af,” sê Mufeti.

“Ons monitor die situasie en is in gesprek met ons Angolese eweknieë. Sodra die water in die kanaal op die grens begin styg en ons nuus uit Angola ontvang, sal ons weet die efundja kom,” sê sy.

Intussen dui die jongste vloedverslag aan die suide van Angola het gister steeds goeie reën ontvang, met ligter en geïsoleerde buie oor die noorde en noordooste van Namibië.

Mufeti sê wat riviere betref, lyk sake meer belowend as verlede jaar.

“Die Kavangorivier het bykans die 6 m-merk bereik, terwyl die Zambezirivier die 1 m-merk verbygesteek het.

“Die Kunenerivier vloei ook dieper as dié tyd verlede jaar of die afgelope drie jaar. Die vloedbulletin dui aan hy vloei tans teen 553,80 m³ per sekonde by Ruacana verby.

“Die riviervlakke is steeds laer as normaal, maar dit is ná verlede jaar se droogte te wagte,” sê Mufeti.

Volgens die vloedbulletin is die Zambezirivier by Katima Mulilo besig om geleidelik te styg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!