Teater van die absurde
Teater van die absurde

Teater van die absurde

Henriette Lamprecht
Die algehele verval en gebrek aan verantwoordbaarheid wat tans in die openbare gesondheidstelsel heers, laat 'n bitter smaak in die mond van elke Namibiër wie se fundamentele reg en toegang tot gesondheidsdienste in die Namibiese Grondwet beloof en beskerm word.

Van die aanbevelings en opdragte ná 2013 se presidensiële ondersoek is daar net so min teken soos van bloeddrukmedisyne by die staatsapteek.

Wanbestuur, korrupsie, burokratiese rompslomp en die bal wat met 'n skouerophaal maar net weer aangestuur word na 'n volgende om die probleem te probeer oplos, het die kaartehuis van gesondheid lankal laat ineenstort. Met 'n kaart of vyf sommer weg ook.

Bid jou aan 'n werktuigkundige herstel motors en bestuur 'n skrootwerf op die perseel van die Khomasdal-kliniek. Nie skelm nie, pasiënt en personeel sien dit. Twee jaar vat dit om uiteindelik vir hom te sê hy en sy skroot moet gaan.

Skaars 'n maand later kry “swak administrasie” die skuld vir die sluit van die land se enigste openbare oogkliniek. Die nodige toerusting en medisyne kort (skielik). Die private sektor moet ingryp en eerder self medisyne gaan koop en aflaai, sê die ministerie.

Aan die kus moet 'n burgemeester ingryp en bakhand pleit vir van groente tot macaroni omdat pasiënte toe reeds vir dae sonder kos sit.

Generasies rotte en muise wat skarrel oor pasiënte se kos en voete. Geen skroewe, plate, verbande, pille, teaterligte, handskoene, kateters, skoonmaakmiddels.

Geen geld. Geen verantwoordbaarheid. Geen pligsbesef. Geen beheer.



Wil jy reageer?

[email protected]



Só sê ander: 6 September

Moenie May se besoek misken

Vir Theresa May, Britse premier, is die tye donker en haar vriende min weens haar land se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat. Derhalwe het May afgesit na Donkerste Afrika op soek na nuwe vriende. Haar doelwit was glashelder: Brittanje herposisioneer hom vir 'n post-Brexit-toekoms waarin hy 'n wêreldmag buite die EU-klub moet bly.

Volgens May is Afrika van deurslaggewende belang vir Brittanje. Sy wil 'n nuwe vennootskap tussen Brittanje en “ons vriende in Afrika vestig, wat op gedeelde welvaart en veiligheid gegrond is”.

Hierdie was argumentshalwe die belangrikste besoek deur 'n G7-leier aan ons kontinent die laaste jare. May het nie hierheen gekom om geselsies aan te knoop nie, maar omdat haar land vriende en markte nodig het in 'n wêreld wat geherkalibreer is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!