Tekort aan iPhone X vir Kersfees voorspel
Tekort aan iPhone X vir Kersfees voorspel

Tekort aan iPhone X vir Kersfees voorspel

As jy iemand is wat beheb is met die heel jongste selfoon-tegnologie, sal die nuwe iPhone X jou meer as R20 000 uit die sak jaag.
Hanlie Stadler



Apple wil baie graag 'n iPhone X in jou Kerskous sien, maar dit lyk asof tegniese probleme met die vervaardiging tekorte van dié vlagskipfoon wêreldwyd kan meebring.

Die iPhone X is volgens Apple van 24 November in Suid-Afrika te koop. Dit sal na verwagting die duurste slimfoon op die mark wees, met 'n kontantprys van meer as R20 000.

Verskeie webwerwe, onder meer Macworld, berig dat die vervaardiger van die iPhone X sukkel met die unieke gesigskandeerders, wat eksklusief in die iPhone X geïnstalleer moet word. Face ID is 'n nuwe veiligheidseienskap waardeur jy jou foon met jou gesig kan ontsluit.

Die tegniese probleme – en die duur koste van die produksieproses – het reeds sy tol geëis van die enigste firma wat die iPhone X saamstel.

Hon Hai Precision Industry, beter bekend as Foxconn, het Dinsdag die grootste daling in wins in nege jaar, van 39%, bekend gemaak. Foxconn, 'n Taiwannese firma, is die enigste vervaardiger van die iPhone X, maar vervaardig ook ander iPhones.

Foxconn verdien meer as die helfte van sy inkomste van Apple, volgens Bloomberg.

Apple sukkel glo om genoeg van die iPhone X op die mark te kry vir die belangrikste koopseisoen van die jaar, wat reeds op 24 November, Swart Vrydag, begin. Die X is reeds sedert 3 November in sekere lande te koop, maar verskeie webwerwe berig oor tekorte. Intussen berig Macworld dat gebruikers kla dat die raakskerm vries in koue weer, die luidspreker maak kraakgeluide en sommige iPhone X-fone het 'n dun, groen strepie aan die kant van die foon.

Apple het bevestig dat die skerm vries indien die temperatuur skielik daal, soos as jy uit jou huis na buite gaan in die Noordelike Halfrond se winter, maar die probleem sal met 'n sagteware-opgradering reggestel word. Foxconn se bedryfskoste het die afgelope kwartaal met meer as 16% gestyg en sy winsgrens het tot minder as 2% geval.

Daar is sprake dat die aptyt vir iPhones nie heeltemal so hoog is as voorheen nie. Bloomberg berig Huawei en Vivo is besig om veld te wen in die mark vir luukse slimfone, terwyl die vraag na goedkoper fone veral in ontluikende lande baie skerper styg. Dit lyk nie asof die vraag na die iPhone 8, wat reeds in die meeste lande te koop is, op die oomblik aan verwagtinge voldoen nie.

Sommige ontleders voorspel egter goeie verkope in die vierde kwartaal, wat beteken dat Foxconn se inkomste weer skerp – selfs met 45% – sal styg en sal vergoed vir die swak derde kwartaal, berig Reuters.

Apple voorspel self dat verkope van die iPhone X sy inkomste tot 'n rekord van US$87 miljoen vir die laaste kwartaal van die jaar sal opstoot, volgens Bloomberg.

Apple het in die derde kwartaal 46,7 miljoen iPhones verkoop, volgens die ontledingsfirma FactSet. – Netwerk24/Reuters/Bloomberg/Macworld

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!