Telefoongidstender (weer) bevraagteken
Telefoongidstender (weer) bevraagteken

Telefoongidstender (weer) bevraagteken

Telecom word daarvan beskuldig dat hy nie tenders en werksgeleenthede aan Namibiërs gee nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Suid-Afrikaanse maatskappy TDS Directory Operations (Namibia) (Pty) Ltd, wat die telefoongids van Telecom Namibia sedert 2007 saamstel, gaan moontlik weer bevoordeel word weens die voorgeskrewe tenderregulasies, sê kritici.

Met die sluiting van die tenderaansoeke op 31 Augustus, het TDS Directory en Lapaka Namibia Directories (Pty) Ltd, 'n maatskappy van Botswana, vir die driejaarkontrak van N$180 miljoen en N$173 miljoen onderskeidelik getender.

Die kritici, wat anoniem wil bly, het gesê dit lyk of Telecom teruggegaan het op sy woord om werksgeleenthede en kontrakte aan Namibiërs te gee, en sê dat die nuwe tenderspesifikasies so ontwerp is dat dit uitsluitlik TDS pas.

"Dit is 'n absolute klap in die gesig vir Namibië. Dit is verraad teen Namibiërs, swart ekonomiese bemagtiging (BEE), en die skep van plaaslike werksgeleenthede. Dit is 'n stap agteruit," het een van die kritici gesê.

Die boddokumente vir die nuwe samestelling en voorraadtender is aan die begin van Augustus uitgereik.

Die spesifikasies stipuleer dat bieërs slegs oorweeg sal word indien hulle ervaring het in die aard en grootte van die kontrak oor die afgelope vyf jaar. In Namibië se konteks voldoen slegs TDS aan die kriteria, want hy het die kontrak sedert 2006 losgeslaan.

TDS is ook die enigste maatskappy met die vereiste van twee dienskontrakte van "die aard en ingewikkelde ekwivalent van dienste oor die afgelope vyf jaar".

Alhoewel voorkeur aan plaaslike bieërs gegee word, meld die tenderspesifikasies verder dat 'n "voorkeurmarge nie van toepassing is nie", wat volgens die kritici Namibiërs op dieselfde vlak met buitelanders stel.

"TDS is slegs nominaal 'n plaaslike maatskappy weens sy registrasie, maar die de facto-maatskappy word in Suid-Afrika bestuur," het ’n bron gesê.

Verder bepaal die spesifikasies die minimum vereiste ondervinding is dat die bieër oor 'n tydperk van drie jaar 'n soortgelyke werk moes doen, en ervaring in verkope is nodig vir die boekjaar 2017-'18.

Volgens die plaaslike bronne vereis die werk om Telecom se gids op te stel nie enige gespesialiseerde of skaars vaardighede of innovasie om die kontrak uit te voer nie.

Hulle het verder gesê kategorieë op die tellingskaart soos "omsetgroei" en "kommissie vereis" is hoog en tel onderskeidelik 25 en 20, wat volgens hulle TDS weer eens sal bevoordeel omdat dit die enigste maatskappy is wat hierdie syfers sal ken.

Die kritici het gesê toe die bod op die sluit van die sperdatum geopen is, is sekere inligting weerhou wat in teenstelling met tenderspesifikasies is.

"As die inkomste die waarde is en slegs een persoon weet wat dit werd is, sluit dit nie die res uit nie?" vra 'n bron.

Die bronne het ook gesê die vereiste om 'n gewaarborgde inkomste van N$43 miljoen te voorsien, is misleidend, want weer eens ken net TDS die ware waarde.

Nog 'n vereiste wat bevraagteken word, is 'n bepaling dat die diensverskaffer vooraf toestemming van Telecom moet kry vir enige veranderinge aan sy kernpersoneel en subkontrakteurs.

'FOPPERY'

Volgens die TDS-webtuise is dit in 2006 gestig om “advertensies in die Namibiese telefoongids te bemark, verkoop en produseer”.

Daar word dit bepaal dat die maatskappy "ondersteun word deur TDS Namibia (Pty) Ltd in Suid-Afrika en Truvo Internasionaal". Die aandeelhouers is TDS Namibia (met 75% aandeelhouding) en die Namibiese BEE-vennoot Ripanga Investments (Pty) Ltd, wat 25% besit.

TDS het die eerste kontrak vanaf 2007 tot 2012 gekry en die daaropvolgende kontrak is weer aan hom toegeken nadat dit van tenderprosedures vrygestel is.

Die eerste tendertoekenning was nie sonder omstredenheid nie en het in die parlement geëindig toe die opposisieleier van die destydse DTA, mnr. Johan de Waal, gevra het dat die kontrak van N$100 miljoen gekanselleer word.

De Waal het toe ook vir Telecom van "growwe nalatigheid" beskuldig om die tender aan TDS toe te ken.

Sommige van die kritici het toe - soos nou - beweer dat "sekere mense met TDS in die bed geklim het" en dat "politieke of goeie bande gehelp het".

‘OU’ BEWERINGE

Telecom Namibia’s se woordvoerder, mnr. Oiva Angula, het op navrae oor die kwessie gereageer deur te sê dat dit "'n ou klag" is, maar wou nie verdere besonderhede gee nie.

Angula het alle vrae na die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) verwys, wat ná sowat 'n week "na oorweging" gesê het Telecom Namibia moet die antwoorde op baie van die vrae verskaf.

Die CPB het bygevoeg dit sal moeilik vir Telecom Namibia wees om die vrae te beantwoord omdat die tenderaansoeke steeds oorweeg word. Telecom Namibia het nog nie gereageer nie.

Me. Cissie Nakashona, 'n bestuurder by die TDS-kantoor, het ná konsultasie met die Suid-Afrikaanse kantoor gesê alle beweringe is bloot "propaganda” en “beweringe” waarop die maatskappy nie gaan reageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!