Terreur tref Londen
Ondanks 'n terreuraanval in Brittanje Woensdagmiddag het die land se eerste minister belowe niks sal hulle onderkry nie.
Britse polisie het gister sewe mense in hegtenis geneem tydens gewapende klopjagte wat verbind word met die “Islamities-verwante” aanval buite die Britse Parlement waarin drie mense dood is en die aanvaller doodgeskiet is.
Brittanje se top teenterreur-offisier, Mark Rowley, het gister op 'n nuuskonferensie gesê 29 mense word in die hospitaal behandel insluitende sewe wat in 'n kritieke toestand verkeer.
“Ons het ses adresse deursoek en sewe mense in hegtenis geneem,” het Rowley aan verslaggewers gesê en bygevoeg dat die klopjagte in Londen en Birmingham uitgevoer is.
“Ons is steeds daarvan oortuig dat die aanvaller alleen opgetree het en deur internasionale terrorisme geïnspireer is,” het hy gesê.
Twee mense is dood en talle beseer toe 'n voertuig in voetgangers op Westminster-brug vasgejaag het en 'n vermeende Islamities-geïnspireerde aanvaller Woensdagaand 'n polisieman naby die Britse parlement met 'n mes doodgesteek het.
Die Britse eerste minister, Theresa May, het die aanval veroordeel en die aanval as “siek” bestempel.
“Die plek waar die aanval plaasgevind het, is geen ongeluk nie,” het sy in 'n verklaring buite haar Downingstraat 10-kantoor later die aand gesê.
“Die terroris het gekies om in die hart van ons hoofstad toe te slaan, waar mense van alle nasionaliteite, godsdienstige oortuigings en kulture saamkom om die waardes van vryheid, demokrasie en vryheid van spraak te vier.”
Enige poging om hierdie waardes deur geweld te oorwin was “tot mislukking gedoem”, het May gesê.
Volgens die Britse polisie is hulle bewus van die aanvaller se identiteit, maar wou geen besonderhede bekend maak nie.
Dit was die dodelikste aanval in Londen sedert vier Britse Islamiete 52 pendelaars en hulself in selfmoordbomaanvalle op die stad se vervoerstelsel in Julie 2005 om die lewe gebring het.
Woensdag se aanval het saamgeval met die een-jaar-herdenking van die Islamitiese aanvalle in Brussel waarin 32 mense dood is.
Reuters-verslaggewers binne die Britse parlement tydens Woensdag se aanval het harde klapgeluide gehoor en kort daarna gesien die polisieman wat gesteek is en die aanvaller lê op die grond in 'n binnehof binne die parlement se hekke.
Die oorlede polisieman is as Keith Palmer (48) geïdentifiseer.
Wetgewers vasgevang in chaos
'n Vrou is lewend, maar met ernstige beserings uit die Teems-rivier gered, het die Londense hawe-owerheid gesê. Die omstandighede van haar val is nie bekend nie.
Drie Franse skoolkinders was onder die beseerdes in die aanval.
Verskeie parlementslede is vasgevang in die chaos. 'n Junior minister in die departement buitelandse sake het probeer om 'n bewustelose man by te bring. Dit wil voorkom asof dit die polisieman was wat gesteek is.
Londen se burgemeester, Sadiq Khan, het gesê bykomende polisiebeamptes sal in Londen ontplooi word om inwoners van die stad en besoekers veilig te hou.
Die parlement se laerhuis was in sitting ten tyde van die aanval.
Die sitting is opgeskort en wetgewers is gevra om vir etlike ure binne die gebou te bly.
May het aangedui dat die parlement gister soos normaal sou hervat as teken dat die aanval nie die lewe in die hoofstad ontwrig het nie.
- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie