Terug skool toe
Soos WHS se groot reünie in 2017 nader kruip, word allerhande herinneringe opgediep. Stories oor onderwysers se eienaardighede loop. As een ou asem skep, val die volgende een in.
Ons formidabele Duits-juffrou (ja, die een wat springjurke se soomlengtes met ’n liniaal gemeet het) bring baie herinneringe. Jy moes ellelange lyste Duitse idiome en voorsetsels leer. As sy die klas instap, het sy die idioom begin en na ’n slagoffer gewys wat dit moes voltooi. Het jy die kat aan die stert beet, is jy na die linkerkant van die klas verban – die “dumm und stumm Reihe”. In elke klas is egter een persoon wat niks en niemand ontsien nie. Die dag toe hy met die instap vir haar sê: “Frau du siehst aus wie ein Blumchen zwischen Blumen” (dit terwyl daar net een blom op haar tafel was), was dit die laaste strooi. Eers moes hy buite staan en terug in die klas het hy permanent reg onder haar neus gesit.
Televisie was daar nie; ons blootstelling aan Engels was hoofsaaklik die skool. St. 6 beland ons by ’n baie korrekte onderwyser wat mens altyd deur ’n ring kon trek. Die les begin met “Morning class. Stand in the aisle” en dan spel hy die woorde letter vir letter met ons wat agterna dreun. Daarna was dit “Auwer Vaader” wat hy soms met ’n “faster, faster” onderbreek het. Op ’n dag besluit hy ons moet die lange gebed een vir een opsê. Die oplossing? Die seuns plak ’n geskrewe een agter op die baadjie van die een wat voor hom staan en lees dit af met oë wat op skrefies getrek is.
Ons skeinat-onnie het met ’n eksperiment te veel fosfor op die water gegooi. Die stukkie fosfor het al brandend heen en weer op die water gehardloop. Die volgende oomblik is daar ’n knal en die glasbak met fosfor ontplof. Die Duitse woorde wat uit ons meneer se mond gekom het, het ons Duitse woordeskat uitgebrei terwyl ons geskok toegekyk het.
En dan ons befaamde wiskunde-onnie wat ook die koshuisvader by ’n seunskoshuis was. Die een wat teenoorgesteld beduie en gepraat het. So sou hy na drie seuns in die eetsaal wys en sê: “Sal julle drie by my kantoor gaan wag vir ses houe elkeen” en drie vingers in die lug hê wanneer hy ses houe sê.
Een aand terwyl hy besig was om na ete te bid, vat een van die ouens nog ’n laaste happie brood. Blykbaar het dit so geklink: “Dankie Vader vir die voedsel wat ons geniet. Voed en versterk ook ons siele met die brood van die lewe . . . Penderis kom af kantoor toe . . . Amen.” Nou weet ons hy’t met oop oë gebid.
Met Maandae se saalopening was dit die groot vlaghysingseremonie, met die note van die volkslied in die agtergrond. Die trompetblaser het eenkant by die onderwysers gestaan. Soms het iemand ’n knoop in die tou te maak sodat die vlag nie tot bo gehys kon word nie. Die arme vlaghysers moes ruk en pluk om dit reg te kry of die vlag aftrek en weer van voor af begin.
Die stories hou nie op nie. Op ’n dag sê die streng Duits-juffrou vir dieselfde onmoontlike mannetjie met rooi miere “. . . du bist so unartig”. Al wiegend op die agterpote van sy stoel, is hy ook nie links nie en laat waai met “Frau, du bist so wreedartig”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie