Terugblik op 2018
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Die jaar 2018 was oor die algemeen ’n jaar van vele struwelinge, maar terselfdertyd ook ’n jaar van uitdagings en beperkte geleenthede.
Daar is nie een kommoditeit-, kos- of huispryse wat nie die hoogte in geskiet het nie. Die basiese benodigdhede vir die gewone Namibiër het onbereikbaar geword.
Ironies genoeg het gratis onderwys peperduur geword, met sommige skole wat berugtheid verwerf het omdat hulle net gepoog het om ouers te oorreed om ’n skamele finansiële bydrae tot hul kind se basiese onderrig en onderwys te doen.
Ons nasionale sportkodes, sokker en rugby, was beroof van sekere internasionale deelname omdat ’n paar persoonlike ego’s nie voldoende gestreel was nie. Die toekomstige sporthelde van ons land moes met traanbelaaide oë toekyk hoe hul harde werk en opofferinge in die slagveld van egotisme aan flarde lê.
’n Politieke leier wat beskryf word as ’n swaargewig in politieke kringe spandeer meer tyd in die hof as op kantoor, terwyl ’n ander politikus wat met N$50 000 beboet was die hof soos ’n filmster verlaat, omring deur narre wat glo en dink dat die politikus onskuldig bevind is.
Dan was daar natuurlik die grondberaad van 2018. Die beraad was gekenmerk eers vir die massiewe bedrag geld wat daarvoor begroot was, en twee maande later weet niemand in die land waaroor die beraad was nie, behalwe dat die besluite wat geneem was dieselfde was soos die van die eerste grondberaad van 20 jaar gelede. Die regering skop toe verder sand in die oë van grondlose Namibiërs deur massiewe hektaars grond aan ’n Russiese magnaat te verkoop, terwyl een van die besluite was om nie grond aan buitelanders te verkoop nie.
Dan sal niemand van ons die wrede martelende dood van kleine Sheryl vergeet nie, en dat die moordenaar nogsteeds met bose selfvertroue rondloop en op vrye voet is, wetend dat die polisie nie die vermoëns het om hom te vang nie. Dit mag moontlik dieselfde kindermoordenaar wees wat die Stoffels-meisie vermoor het, en daarmee weggekom het?
Ons is met afgryse gevul deur die moord op die vrou van Swakopmund en die vele ander moorde op ons vrouens en kinders, gewoonlik gepleeg deur ’n geliefde. Die slagting op ons paaie en die onnodige verlies van kinder- en babalewens in ons hospitale en klinieke los ’n stank van onwettigheid, onbevoegdheid en onwilligheid in 2018.
Ek dink ek is besig om swartgallig te raak, want volgens die president was 2018 ’n wonderlike jaar en hy bedank die ministers vir hul “unquestionable work ethics and commitment towards the pursuit of our national aspirations”. Ek moes seker vir lang periodes van 2018 in Lalaland gewees het . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie