Terugslag vir teenstropery
Terugslag vir teenstropery

Terugslag vir teenstropery

Dani Booysen
Alle Namibiërs verwelkom die regering en vennote se verskerping van die stryd teen wildstropers die afgelope jare.

Ook die weermag se betrokkenheid by teenstropingseenhede is verwelkom.

Verlede week se skietery op 'n Namibiese gesin in die Bwabwata Nasionale Park is egter 'n verontrustende teken van tekortkominge in hierdie aanslag – tekortkominge wat dringend aangespreek moet word. Ander inwoners het ook al in die spervuur van hierdie eenhede beland.

Die trauma van die Keil-gesin, wat saam met twee jong kinders met vakansie was, kon in 'n veel groter tragedie geëindig het. Waardeur hulle tans worstel, is moeilik vir enigeen om homself in te dink.

Dat die polisie teen Donderdag nie eens bewus was dat 'n driejarige dogtertjie 'n koeëlwond in die kop opgedoen het nie, spreek van onverklaarbare oningeligtheid.

Enigeen moet wonder watter groot bedreiging 'n man, vrou en twee kinders kon inhou. Eerder as om op die voertuig los te brand, kon hulle maklik elders voorgekeer en aangespreek word.

Die polisiehoof het opnuut op gebrekkige kommunikasie as 'n probleem gewys. Sekerlik was kommunikasie met hierdie burgerlikes ook nie gepas en doeltreffend nie.

Die eenhede moet hulself behoorlik kan identifiseer. Die beste moontlike opleiding is net so belangrik.

Snellergek stryders kan veel meer skade as goed aanrig.

Die Keil-voorval moet op die hoogste vlak deurpriemend ondersoek word om lesse daaruit te leer. En indien die strengste moontlike optrede geregverdig is, mag nie teruggedeins word nie.



So sê ander

19 Maart 2017



SA is no country for young kids



The next time your children complain about washing the dishes or the quality of the household Wi-Fi, go to the Stats SA website and show them the Survey of Activities of Young People.

Rural children have it particularly hard: 8.9% of them are child labourers.

Then there are the 13.7% of children aged between seven and 10 who are expected to do their schoolwork, chores around the house, as well as participate in economic activity such as working in the family's business. That percentage increases as children get older, up to 27.7% for teens between the ages of 15 and 17.

Many children in rural areas were forced to skip school because they needed to fend for themselves.

So, the next time your precious darlings complain about helping out in the garden, tell them to be grateful they are not in a village ploughing and planting an entire field.

• CITY PRESS (NEWS24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!