Tesla al weer vir etlike miljoene gedagvaar
Walmart het Dinsdag 'n dagvaarding van etlike miljoene dollar teen die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se maatskappy ingedien.
Petrus Malherbe
Nadat sewe byderwetse sonpanele aan die brand geslaan het, het die Amerikaanse supermarkgroep Walmart besluit om die vervaardiger hof toe te sleep.
Walmart het Dinsdag 'n dagvaarding van etlike miljoene dollar teen die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se maatskappy Tesla ingedien. Buiten elektries aangedrewe voertuie vervaardig Tesla deesdae ook “gespesialiseerde” sonpanele vir huishoudings en sakeondernemings.
Luidens hofdokumente het sewe van dié sonpanele tussen 2012 en 2018 op verskillende Walmart-winkels in vlamme uitgebars.
Volgens die BBC het die eerste brand in 2012 op die dak van 'n Walmart in Long Beach in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië uitgebreek.
Die omvang van die skade is nie bekend nie, maar Walmart blameer Tesla se “swak sonpanele” vir die voorval.
Een van Walmart se supermarkte in Beavercreek in Ohio moes in Maart 2018 ontruim word nadat 'n sonpaneel ook aan die brand geslaan het. Die winkel was daarna langer as 'n week gesluit.
Die supermarkgroep eis nou dat Tesla die sonpanele van al sy persele verwyder en hom vergoed vir die skade wat deur die brande aangerig is.
Tesla het nog nie daarop gereageer of aangedui of hy dit gaan teenstaan nie.
Die totale bedrag wat Walmart eis, is onbekend.
Volgens die tegnologie-webblad Ars Technica het Tesla 'n ondersoekspan na van Walmart se winkels gestuur en gevind dat herstelwerk dringend nodig aan verskeie sonpanele was.
Volgens Walmart het Tesla self erken dat 48 van die geïnstalleerde panele 'n brandgevaar inhou omdat dit te weerkaatsend is.
Sy eie ondersoek het egter gewys dat veel meer sonpanele gevaarlik was as wat Tesla aangevoer het.
Die supermarkgroep beweer voorts dat Tesla hom buitensporige hoeveelhede geld gevra het om die sonpanele te versien.
Gesprekke tussen die partye het 'n dooiepunt bereik, waarna Walmart hom tot die hooggeregshof in New York gewend het om skadevergoeding van die vervaardiger te eis.
Die sonpanele is deur SolarCity, 'n volfiliaal van Tesla vervaardig.
Dié maatskappy is in 2006 deur twee van Musk se neefs, Peter en Lyndon Rive, begin en in 2016 deur Tesla oorgekoop. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie