Tesourie wis niks van verdwene EVM’s
Die ministerie van finansies is glo nooit ingelig staatseiendom word uitgeleen nie.
Denver Kisting – Die ministerie van finansies het nog geen verslag van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) oor verdwene elektroniese stemtoestelle (EVM’s) onder oë gehad nie.
So sê hul woordvoerder, mnr. Tonateni Shidhudhu.
Daarom, sê hy, “bly dit moeilik om vas te stel of betaling gedoen is”.
Hy het gereageer op ’n bewering van die ECN-voorsitter, adv. Notemba Tjipueja, dat die geld vir verdwene stemtoestelle in Swapo se besit aan die “Ontvanger van Inkomste” oorbetaal is.
“Ingevolge die instruksies van die tesourie het ons nie ’n verslag gesien van die ECN waarin die tesourie oor die verdwyning van staatseiendom (EVM’s) ingelig is nie,” lui Shidhudhu se weergawe.
Hy sê die ECN moet “meer lig hierop werp”.
Republikein verstaan tesouriereëls vereis staatseiendom mag slegs uitgeleen word ooreenkomstig ’n tarief wat die tesourie bepaal.
“Jy gee nie net staatseiendom so uit nie,” sê ’n bron vertroud met die proses.
Tjipueja het gistermiddag by navraag skouers opgetrek.
“Kontak asseblief mnr. (Theo) Mujoro oor die aangeleentheid, aangesien hy as uitvoerende hoof die rekenpligtige beampte is. Ek hanteer nie administratiewe kwessies nie.”
Tjipueja is daarop gewys sý het die verklaring uitgereik waarin die ECN sê die geld vir die verdwene EVM’s is aan die Ontvanger van Inkomste betaal.
“Ja, presies, maar administratiewe aspekte word nie deur my kantoor hanteer nie. Hulle word deur die uitvoerende hoof hanteer; daarom is hy in die beste posisie om administratiewe vrae te beantwoord.”
Die korrespondensie is aan Mujoro gestuur. Hy het teen gistermiddag nog nie geantwoord nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie