Theuns Jordaan (50) verloor kankerstryd
Die “Namibsroos”-sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan is vanoggend (Woensdag) dood nadat leukemie verlede jaar by hom gediagnoseer is.
Theuns het in Maart ’n beenmurgoorplanting gekry en het sedertdien hard geveg om die siekte te oorwin.
Die geliefde sanger, wat in 2001 sy debuut met die album Vreemde Stad gemaak het, was een van die Afrikaanse musiekbedryf se suksesvolste kunstenaars met verkope van meer as ’n miljioen albums.
Hy het verskeie pryse gewen, waaronder ’n Sama-prys in 2013 as die topverkoper in die land met sy album Roeper, en trefferliedjies soos “Soos bloed” uit sy pen.
Hy word oorleef deur sy ouers, Willie en Maryna, asook sy suster Linda. -Netwerk24
Foto: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie