Thonningii se eerste rooi versnit maak sy debuut

Tanja Bause
Tanja Bause – Oeswerk by die Thonningii-landgoed in die Otavi-vallei is onlangs voltooi en nie slegs is meer as verlede jaar geoes nie, maar die plaas het vanjaar meer variëteite opgelewer.
“Ons het omtrent drie ton druiwe geoes wat sowat 2 750 bottels wit, rosé, syrah en vir die eerste keer ook ’n rooi versnit, wyn sal oplewer,” het mnr. Gilmar Boshoff van Thonningii gesê.
Die kultivars wat gepluk was, was Viognier en Colombar vir die witwyn en Syrah, en Tinta Barocca en ’n bietjie Mourvèdre vir die rooi- en roséwyn. Dit was die eerste keer dat Tinta Barocca en Mourvèdre geoes is.
Volgens Boshoff was dit 'n baie warm voorjaar wat gevolg is deur goeie reën in Desember en Januarie. Weens die droë en warm toestande vroeg in die somer, is die druiwe se geure baie gekonsentreerd. Die gevolg is dat die 2016-oesjaar vol en vrugtige druiwekorrels gelewer het.
“Dit is nog bietjie te vroeg om te sê presies wat die gehalte of potensiaal van die wyn sal wees ná veroudering, maar ons is baie opgewonde oor wat die wyne reeds vir ons wys. Die rosé behoort binne die volgende twee maande in die bottel te wees,” het hy bygevoeg.
Die wyn verouder gemiddeld 18 maande voor dit ongefiltreer gebottel word. Dan lê die bottels vir nog ses maande voordat dit verkoop word.
Die eerste wynstokke is in 1989 op Thonningii geplant en agt jaar later is die eerste wyn deur dr. Bertus Boshoff gemaak. Sy seun Gilmar het wynbou en kelderbestuur in Stellenbosch gestudeer en daarna by Thonningii betrokke geraak.
Thonningii-wyne is by ’n bekende restaurant in Windhoek of by die kelder op die plaas beskikbaar.
Gilmar het in 2001 die kelder met stene uit die omgewing gebou. Die plaas bied wyntoere aan waartydens gaste ook die wyne kan proe. Diegene wat daarin belangstel om die besondere Namibiese wyn te proe, kan 081 041 6083 skakel om ’n afspraak te reël.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!