Tien sterf in motorbomaanvalle in Somaliu00eb
Tien sterf in motorbomaanvalle in Somaliu00eb

Tien sterf in motorbomaanvalle in Somalië

Estelle de Bruyn
Militante het Sondag twee motorbomme buite ‘n polisiebasis in Somalië se hoofstad, Mogadishu laat ontplof voordat gewapendes die gebou binnegestorm en minstens tien mense om die lewe gebring het.
Die Islamitiese groep al-Sjabaab het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.
Dit was die tweede groot aanslag deur die groep in ‘n week in die stad, wat ‘n guerrilla-ooglog teen die Westers-gesteunde regering voer.
Swaar geweervuur is vir byna ‘n halfuur ná die eerste ontploffing binne die gebou gehoor, het ooggetuies berig.
Die oorskot van vier burgerlikes het in die straat gelê naby die kompleks wat gedeeltelik deur die ontploffings in puin gelê is. ‘n Nabygeleë kiosk het aan die brand geslaan.
“Minstens tien mense, insluitende vier militante, vyf burgerlikes en ‘n soldaat het in die aanval gesterf,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê.
Nog 15 is beseer van wie sommige in ‘n ernstige toestand verkeer.
In al-Sjabaab se eerste aanval verlede week Dinsdag by die ingang na die Afrika-unie se Amison-basis, het twee motorbomme ontplof wat die lewens van 13 mense geëis het.
Veiligheidswaarnemers het gewaarsku dat die groep sy aanvalle in die aanloop tot die presidentsverkiesing kan verskerp. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!