Tien sterf toe motor in Indiese hotel vasjaag
Minstens tien mense is dood toe ’n motor Saterdagaand laat in ’n pilaar van ’n gehawende hotel in Indië vasgery en die gebou deels ingestort het.
Reuters berig die hotel van vier verdiepings is in ’n digbevolkte deel van die stad Indore.
Ramesh Kirade, ’n plaaslike polisiebeampte, het gesê hoewel die gebou oud is, is daar geen uitsluitsel nog dat dit die rede was hoekom die mure ingeval het nie.
Nóg ’n Indiese gebou het in Augustus in Moembai ingestort. Dié gebou was 117 jaar oud en minstens 22 mense is in dié voorval dood.
Times of India berig die polisie, omstanders en ander plaaslike inwoners het in die jongste voorval uit desperaatheid om enige oorlewendes te red die bourommel met hul hande probeer verwyder.
The Guardian berig daar kan nog tot sowat vyf mense in die puin vasgekeer wees. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie