Tiener verkrag
Gedurende die nag tussen Donderdag en Vrydag het ’n 21-jarige Namibiër na bewering deur ’n venster geklim en ’n 14-jarige meisie verkrag. Die voorval het op Hoachanas plaasgevind en die man is in hegtenis geneem.
’n Angolese burger (23) het Vrydag glo ’n 18-jarige Namibiese meisie in haar kamer in die Oshikunde-nedersetting verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
’n Onbekende man het Vrydag na bewering ’n man (24) in die Butterfly- informele nedersetting op Katima Mulilo verkrag. Niemand is in hegtenis geneem nie.
’n Zimbabwiese man (37) het Vrydag glo ’n 24-jarige Namibiese vrou in die Lyambai- informele nedersetting op Katima Mulilo verkrag. Hy is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie