Tientalle nedersettings kry sonkrag-radio’s

Gerine Hoff
Verteenwoordigers van die 37 nedersettings in die Nyae Nyae-bewaringsgebied het onlangs hul jaarvergadering gehou.
Dit was ook ’n gulde geleentheid vir die bewaringsgebied om die nuwe sonkrag-aangedrewe radio’s in ontvangs te neem wat aan inwoners van die nedersettings uitgedeel gaan word. Dié radio verbeter kommunikasie in die verafgeleë gebiede van die bewaringsgebiede op dramatiese wyse.
Die groot, stewige sonkragradio is ontwerp en doelgerig gebou vir groepe om na te luister en dus werk dit perfek in die nedersettings, waar afstand en ’n gebrek aan vervoer kommunikasie belemmer.
Nog ’n kenmerk van die radio is die USB-poort wat mense sal toelaat om hul selfone te laai. Meer nog, sal dit algemene kommunikasie asook die rapportering van onwettige heinings en weiding deur lewende hawe in die gebied verbeter.
Die bewaringsgebied gebruik radio’s om inligting oor landboubewaring met inwoners te deel, om voedselsekuriteit en aanpasbaarheid ten opsigte van klimaatverandering te verbeter, en ook om belangrikte inligting aan die gemeenskappe oor te dra. Die deel van inligting en verbetering van kommunikasie is nood­saaklik vir enige verafgeleë gemeen­skap se ontwikkeling.
Die Europese Unie, wat die radio’s geborg het, ondersteun die plaaslike San-gemeenskappe ten einde hul lewensbestaan te diversifiseer en om by die impak van klimaatverandering aan te pas.
Me. Lara Diez het namens die EU gesê: “Die gemeenskap is in hul noppies met die radio’s, veral omdat die NBC se Ka-radiodiens daar opgevang word”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!