Tigers laat Citizens b(l)oos
Polisielede moes die veiligheid van Black Africa se afrigter Lucky Richter ná die wedstryd help verseker.
Die voorloper African Stars en FNB Orlando Pirates kon Donderdagaand nie daarin slaag om mekaar in hul botsing in die 2017-2018 Namibiese Premierliga by die Sam Nujoma-stadion in Windhoek te uitoorlê nie en moes met 'n doellose uitslag tevrede wees.
Dit was maar die vierde wedstryd van die tweede helfte van die NPL ná 'n langerige onderbreking oor die feestyd. Beide spanne het die botsing goed begin deur kanse vir hul aanvallers te skep, maar kon nie daarin slaag om die doelnet te tref nie.
Om sake vir die Seerowers te vererger, verloor hy vir Tederius Uiseb weens 'n besering in die 15de minuut. Uiseb is onlangs deur sy klub in Stellenbosch vrygestel om na sy geboorteland terug te keer.
Die tweede helfte was 'n rukkerige gedoente weens beide spanne wat ongedwonge foute begaan en skeidsregter Jackson Pavaza wat vier geel kaarte uitdeel. Beide klubs sal dalk graag die uitstappie wil vergeet en op vandeesweek se kragmetings teen onderskeidelik Civics, Rundu Chiefs, Citizens, Mighty Gunners en Unam te konsentreer.
Bobby Samaria, hoofafrigter van Stars, was teleurgesteld dat sy span nie 'n doel kon aanteken nie.
“Ons het sopas twee punte vermors. Die lang tydperk wat die spelers onaktief sedert 17 Desember was, het ons spel beïnvloed. Beide doelwagters het goeie werk gedoen, maar ons kon nie die paar kanse benut wat wel geskep was nie. Ek is verlig dat ons nie die wedstryd verloor het nie, maar die gelykopuitslag het ons in wese twee ligapunte gekos,” het Samaria gesê.
Ivan Nawaseb, sy eweknie van Pirates, sê sy span het nie behoorlike aanvallers nie.
“Ek is tevrede met ons algehele spel, maar ons het nie die skerpskutters om die doelkas te tref nie. Ons gaan die foute van vandag uit die weg ruim en teen Civics sake regstel,” het Nawaseb vertel.
Tigers teen Citizens
Tigers, wat die heersende NPL-kampioen is nadat hulle nog laas deur Brian Isaacs gebrei was, het Vrydagaand in die Sam Nujoma-stadion behoorlik gekook toe hulle Citizens met 4-2 ondergekry het.
Die Tiere het vanuit die staanspoor die pas aangegee met Mapenzi Muwanei wat die eerste doel in die 30ste minuut behaal. Citizens se Riddick Gariseb het die telling gelykop gemaak, wat ook die rustydtelling was.
In die 50ste en 52ste minuut tref Tigers vinnig met twee doele. Eers is dit Muwanei wat sy span se tweede doel aanteken en daarna is dit Gustav Isaak wat die telling tot 3-1 laat vorder.
Hoewel dit gelyk het of Citizens se wind redelik uit is, het hulle in die 83ste minuut teruggeslaan toe Roberto Rugam die telling met 3-2 laat beter lyk.
Enkele minute voordat die eindfluitjie blaas, behaal Absalom Iimbondi Tigers se laaste doel om twee broodnodige ligapunte te verdien.
Woody Jacobs, breier van Tigers, was tevrede met sy span se vertoning, terwyl Citizens se afrigter nie kommentaar wou lewer nie. Citizens se ontnugterde spelers het die veld onder 'n wolk van onderlinge woordewisseling verlaat terwyl George Ochurub nie die nuusagentskap Nampa te woord wou staan nie.
“Ten spyte van die twee doele wat ons afgestaan het, is ek tevrede met die spelers se vertoning. Ons nuwe aanwinste soos Da Costa Angula, Bryan Bantam en Bradley Wermann het hope ondervinding en leierskap na Tigers gebring,” het Jacobs ingenome vertel.
BA, CHIEFS SPEEL GELYKOP
Black Africa is Saterdag deur Young Chiefs tot 'n gelykopuitslag beperk, terwyl Civics 'n belangrike sege met 1-0 oor Life Fighters kon vier.
BA het briljant begin met 'n doel Derl Goagoseb ná net drie minute, waarin Jerome Louis, Marco van Wyk en Dynamo Fredericks ook in die opbou betrokke was.
Met BA oënskynlik in beheer, het Chiefs egter hergroepeer en het met hul spoed probleme begin veroorsaak totdat Ruaan Kamsieb ná 20 minute die gelykmaker gekry het. Black Africa se doelwagter het misgetas na 'n lang skop uit Chiefs se eie helfte, met die haastige Kamsieb in posisie om die bal met 'n kopstamp in die net te stuur.
Die rustydteling van 1-1 het enduit so gebly, met beide spanne wat nie verdere kanse kon afrond nie.
Black Africa se afrigter, Lucky Richter, reken sy span moes hul kanse in die eerste helfte beter benut het. Hy moes toegee dat Young Chiefs se doelwagter verskeie kere met goeie keerwerk tussenbeide getree het.
“Ons mikpunt bly om die punteverskil tussen ons en African Stars te vernou om moontlik die liga te wen. Stars het ons 'n guns gedoen deur ook gelykop te speel, maar ons kon dit ook nie uitbuit nie.”
Young Chiefs se afrigter Fillemon (Cascas) Angula was in sy skik met dié uitslag in 'n wegwedstryd.
“Dit was ons plan om te verdedig en hulle in die middelveld te frustreer en dan ons vinnige spelers op die teenaanval te gebruik. Dit het goed gewerk. Ons wil in die tweede helfte van die seisoen soveel as moontlik ligapunte byvoeg.
Intussen het Richter polisiebegeleiding nodig gehad toe hy die Sam Nujoma-stadion verlaat, met ontevrede ondersteuners van Black Africa wat buite die kleedkamer daarop aangedring het dat hy onmiddellik bedank.
Die ontevredenes het ook gekla omdat Richter gedurende die onderbreking oor die feestyd 'n paar ervare spelers vrygestel het wat bygedra het tot die suksesvolle era van vier opeenvolgende NPL-titels vir die klub.
• By die Universiteit van Namibië se veld moes Unam met 'n 0-0 uitslag teen Tura Magic tevrede wees.
Ronnie Kanalelo, Unam se afrigter, het gesê dit was die swakste wedstryd wat hy nog ooit gesien het, met die basiese aspekte soos aangeewerk, posisionele spel en balbeheer wat die spelers in die steek gelaat het.
Die naweek se NPL-uitslae: African Stars 0-0 Orlando Pirates; Tigers 4-2 Citizens; Blue Waters 1-3 Mighty Gunners; Eleven Arrows 2-0 Rundu Chiefs; Unam 0-0 Tura Magic; Young African 2-0 Chief Santos; Black Africa 1-1 Young Chiefs; Civics 1-0 Life Fighters.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie