Timeout-reeks sluit met Beach Bash 2017
Timeout-reeks sluit met Beach Bash 2017

Timeout-reeks sluit met Beach Bash 2017

Strandvlugbal
Die sewende en laaste Timeout strandvlugbalreeks vir 2017, die Bank Windhoek Beach Bash, word komende Vrydag op Langstrand se perfekte kombinasie van son, see en sandduine aangebied.

Wedstryde begin om 08:00, voordat die eindstryde omstreeks 16:00 verwag word.

Die formaat vir Vrydag is vier-aan-’n-kant strandvlugbal vir gemengde spanne – óf in die professionele óf die sosiale kategorie. ’n Span mag ’n maksimum van ses spelers insluit en minstens een vroulike speler moet te alle tye op die baan wees.

Die kompetisie is nie net vir die land se topspelers insluitend Carmen Kühn (Koningin van die Strand 2017) en Daniel Pfeifer (Koning van die Strand 2017 en algehele voorloper in vanjaar se Timeout-reeks) nie, maar vele sosiale en korporatiewe spanne gryp die kans aan om die jaar op ’n prettige en feestelike noot af te sluit.

Die organiseerders is opgewonde om Bank Windhoek as toernooiborg terug te verwelkom, nadat die bank verlede jaar die Beach Bash ondersteun het.

Die naweek se toernooi is deel van die 2017 Windhoek Draught Beach Bash. Dis ’n plek waar die gedreun van die branders bydra tot die sensasies wat die aksie op die strand aandryf.

In die Timeout-reeks se sewe toernooie vanjaar versamel die spelers punte in die mans-, vroue- en jeugkategorieë. Spelers word egter nie verplig om elke toernooi by te woon nie en elkeen se beste vyf uitslae bepaal hul posisie op die finale puntestand, wat na afloop van die Bank Windhoek Beach Bash vrygestel sal word.

• Die voorgestelde datums vir die 2018 Timeout strandvlugbalreeks is soos volg:

1. Mixed Grand Slam – 24 Februarie, DTS Beach Arena, Windhoek

2. King & Queen of the Beach – 14 April, DTS Beach Arena, Windhoek

3. Winter Classic – 16 Junie, DTS Beach Arena, Windhoek

4. King of the Court – 28 Julie, venue sal bevestig word

5. Kalahari Open – 22 en 23 September, Tivoli Southern Sky gasteplaas

6. Swakop Master – 3 en 4 November, Mole Beach, Swakopmund

Navrae oor die Bank Windhoek Beach Bash of die 2017-2018 Timeout-reeks kan aan James Verrinder by sel. 081 455 4571 of e-pos [email protected] gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!