Toegangspaaie in vloedgeteisterde gebiede gebou
Nagenoeg 50 toegangspaaie gaan in die Omusati- en Ohangwenastreek gebou word as deel van ’n vloedvoorkomingsprogram.
Die program is ’n inisiatief deur die Namibiese en Duitse regering wat sal verseker dat toegang na skole en klinieke in vloedgeteisterde gebiede in die reënseisoen moontlik sal wees.
Tydens ’n sooispitgeleentheid vir die konstruksie van vyf sulke paaie by Okalongo in die Omusatistreek vroeër in November, het die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, gesê die program het dit ten doel om die lot van gemeenskappe in landelike gebiede van die twee streke te verlig, veral in die reënseisoen wanneer toegang tot maatskaplike dienste afgesny is.
Die projek, wat in die Omusatistreek begin, bestaan uit die konstruksie van 25 nuwe grondtoegangspaaie na nagenoeg 40 vloedgeteisterde skole en klinieke, met ’n gekombineerde afstand van 217 km.
Die konstruksietyd word op 15 maande beraam, met die Duitse Ontwikkelingsbank en die Namibiese regering wat N$112,2 miljoen vir die program bewillig het.
Me. Stella Seibert-Palascino van die afdeling vir ontwikkelingsamewerking van die Duitse ambassade in Namibië het gesê Duitsland ondersteun die ontwikkeling van Namibiese strategieë vir landelike vervoer, asook die meesterplan vir die konstruksie en instandhouding van paaie. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie