Toekenning vir Namibiese TV-vrou
Toekenning vir Namibiese TV-vrou

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

Ronelle Rademeyer
Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.
Via is Media-24 se leefstylprogram.
Die toekenning was vir die moedersdagepisode “Moederliefde” met die bekende Coenie de Villiers as aanbieder. Die reeks is deels deur Toyota Suid-Afrika befonds en vervaardig deur Endgame Media.
Sy het die toekenning opgedra aan “al ons moeders”. Linda is die dogter van Christo (‘n bekende in destydse politieke kringe) en Renate de Jager.
Die episode vertel die verhaal van ‘n moeder wat ‘n stryd voer om haar seuntjie wat aan neuroblastoma-kanker lei, se lewe te red.
Dis die tweede keer dat symet ‘n ATKV-toekenning vereer word.
De Jager is ook in 2009 bekroon vir haar militêre geskiedenisreeks, “Grensoorlog” wat ook mettertyd in Engels vertaal is as “Bush War”. In die reeks is Swapo-kaders vir die eerste keer aan die woord gestel saam met eertydse soldate van die Suid-Afrikaanse weermag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!