Toeris sterf in kampstoel
Die liggaam van 'n Duitse toeris is verlede week Donderdag by die Halali-kampeerterrein in die Etosha Nasionale Park gevind.
Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Oshikotostreek, adj.komm. Naomi Katjiua, het gesê die 49-jarige man se liggaam is omstreeks 10:00 deur 'n werknemer van Namibia Wildlife Resorts (NWR) in sy stoel gevind.
Halali se streeksbestuurder, mnr. Paulus Amukoto, het dadelik die polisie in kennis gestel.
“Die toeris het gesterf terwyl hy in sy kampstoel gesit het. Polisiebeamptes wat op die toneel was, het 'n asmapompie in sy sak gevind,” het Katjiua gesê.
Die toeris het na bewering Woensdag alleen by die kampeerterrein aangekom. Die oorledene se naam kan nie bekend gemaak word nie, want sy naasbestaandes is nog nie oor sy afsterwe ingelig nie.
'n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie