Toeris sterf, vyf kritiek in toerbusongeluk

Twee mense het in twee afsonderlike ongelukke hul lewens verloor – een in ’n toerbusongeluk en die ander in ‘n vragmotorbotsing.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - In die tweede toerbusongeluk in minder as twee weke het ’n vrou Saterdag oos van Rundu haar lewe verloor, terwyl die toerleier en drie medetoeriste in ’n kritieke toestand na Windhoek gevlieg is.

Een van die beseerdes, ’n man, het sy arm verloor.

Adj.komm. Vilho Kalwenya, waarnenemde streekbevelvoerder van die polisie in Kavango-Wes, het bevestig 16 mense in ’n Sunshine Tours-bus was van Divundu na Rundu onderweg toe ’n aankomende voertuig beheer verloor en voor die bus beland het.

Hy sê ’n Zimbabwiese man (63) en sy seun (41) was in die ander voertuig in die rigting van Divundu onderweg.

“Die pa het bestuur en beheer oor sy voertuig verloor, waarná dit voor die bus beland het. Hy is ernstig beseer en in ’n kritieke toestand in die hospitaal," het Kalwenya gesê.

Republikein is in besit van ’n gastelys van Africa Focus Tours met die name van die 14 Duitse toeriste. Die toerleier en busbestuurder is Namibiërs.

Die landlynnommer van Africa Focus Tours in Windhoek het gister ongeantwoord gelui.

Vragmotors bots

In ’n ander trompop botsing Vrydagnag tussen Omaruru en Kalkfeld het twee vragmotors mekaar getref en omgeslaan.

’n Passasier in die een vragmotor is dood wat, volgens inligting van ’n nooddienswerker op die toneel, onder die lorrie vasgepen was.

Die ongeluk het glo plaasgevind toe die bestuurder van die een vragmotor deur die ligte van die aankomende vragmotor verblind is, het die nooddienswerker in ’n stemboodskap vertel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!