Toerisme nou die polsslag van Uis
EENS was Uis net ‘n stippeltjie op een van die noordelike roetes see toe. Vandag is dit ‘n belangrike sentrum op verkenningstogte na die wondere van Damaraland. Dis amper of besoekers nie meer die somerhitte voel nie, of nie meer daaroor omgee nie. Die eens sluimerende dorpie op die reste van ‘n ou tinmyn beskik vandag oor goeie herberge wat met kampeerplekke aangevul word. Verskeie restaurante lewer ‘n toeristediens.
Vir natuurliefhebbers is alles naby – die wondere van die Brandberg, Twyfelfontein, die krater en woestyngebiede van die Namib en die Ugabvallei met sy seldsame olifanttrop. Uis self het heelwat om aan besoekers te wys. Roetes bestaan waarlangs tot bo-op die hope van die uitgewerkte myn gery kan word om daarvandaan oor ‘n ganse landskap te kyk. Steeds op die dorp is daar die twee mynmeertjies.
Dis ‘n sentrum van die kleinmyners van die geweste en bygestaan deur ‘n kenner kan goeie aankope gedoen word. In die suide kan die beroemde Spitzkoppe uit ‘n ander hoek bewonder word. Benewens die dorp se eie herberge is daar gasteplase en herberge in die nabyheid van Uis. Noordwaarts koers die pad na Khorixas en op die weg is Twyfelfontein ‘n beroemde aandoenpunt. Van Uis word verskeie safari’s onderneem. Een van die gewildstes is ‘n dagreis om die Brandberg.
Soortgelyke dagreise kan na die Messum-krater in die Namib en die Welwitschia-vlaktes onderneem word. Brandberg-Wes is ‘n voorbeeld van ‘n uitgewerkte myn en in die omgewing is die Gobobos-vlakte ‘n saamtrekpunt waar kleinmyners hul skatte grawe. Om die kampvure is daar sawens ‘n menigte stories oor die bittereinders van Uis, mensegeraamtes in die verlatenheid, oningeligtes wat weens gifplante gesterf het, vreemde rotsformasies en baie rotstekeninge in die berge.
En eintlik is Uis as aansluitingspunt naby baie plekke – Khorixas in die noorde, Omaruru in die ooste, Hentiesbaai in die weste en die Spitzkoppe in die suide. Nuut in die toeristestroom is die sterrekykers van baie lande wat snags die uitspansel bo ‘n wolkelose hemel verken. Bergklimmers kom pak die Brandberg op sy steilste roetes met gidse wat die weg kan wys. En het jy al die kelkiewyne gehoor in hul aantog uit die dorsland na die waterpoele van Uis?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie