Toerismebedryf bekommerd na nog ’n toeris sterf
Ronelle Rademeyer - In ’n donker week vir toeristeveiligheid in Namibië is ’n 32-jarige Belgiese man Sondagaand dood toe die toerlorrie waarin ’n groep van 21 toeriste gereis het, by Katjinakatji op pad na Rundu omgeslaan het.
Vyf ander insittendes is beseer.
Dit blyk die groep was van die Mururani-hek na Rundu op pad toe die bestuurder van die omgeboude vragmotor vol toeriste ’n ander vragmotor getref het, wat op sy beurt in ’n derde vragmotor, wat omgeslaan het, vasgery het.
Dit blyk die tweede vragmotor het die lorrie wat omgeslaan het nie betyds gesien nie, en die toerlorrie vol toeriste kon ook nie betyds reageer om die botsing te vermy nie.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk naby Rundu het omstreeks agtuur Sondagaand plaasgevind en die beseerdes is na die staatshospitaal op Rundu geneem.
Matrone Priscilla Shighweda van dié hospitaal het gister aan Republikein gesê drie beseerdes is ná behandeling ontslaan, ’n vierde een kon Maandag ontslaan word en ’n vrou wat ernstig beseer is, is met ’n ambulansvlug na ’n private hospitaal in Windhoek gebring.
Dit volg kort ná die voorval Vrydag op die C14-roete in die suidweste van die land toe die Rotelbus, Das Rollende Hotel, waarin 34 toeriste gereis het, aan die brand geslaan en hulle al hul besittings verloor het.
Die dag vantevore is ’n 59-jarige Oostenryker deur ’n olifant in die Huabrivier in die Noordweste doodgetrap.
Sowat twee maande gelede is ’n Duitse toeris dood toe ’n toerbus ook in die Noordooste naby Rundu omgeslaan het.
Me. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), sê hierdie gebeure is kommerwekkend.
“Die toerismesektor het al talle gesprekke gevoer oor die veiligheid van reisigers, nie net op ons paaie nie, maar ook oor hul gedrag in parke. Die Motorverhuringsvereniging (Caran) het bevestig hulle lig hul kliënte oor veiligheid in en sê vir hulle wat hulle mag en nie mag doen nie,” sê Paetzold.
“Dit lyk of mense hulle nie aan hierdie veiligheidsinligting steur nie. Dit vraag wat nou ontstaan, is of die toerismebedryf genoegsame beheer uitoefen en of dit ons taak is om besoekers beter in te lig oor en beheer te neem van toeriste en reisigers in die land. Veral aangesien daar so ’n toename is in die aantal toeriste wat hul eie toere beplan en voertuie self huur en bestuur,” sê sy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie