Toetsprogram vir HPV skop af
Die mobilisering van toetse vir die menslike papiloomvirus (HPV) sal die weg vir voorkomende toetse vir servikale kanker baan.
Die eerste nasionale toetsprogram vir die menslike papiloomvirus (HPV) om servikale kanker te voorkom, skop Maandag landswyd af.
Die loodsprojek van die Kankervereniging van Namibië (CAN) word in vennootskap met Roche, Maxi Labs en Biodynamics van stapel gestuur.
Deel van die projek is die aanvanklike gratis toetsing van 500 vroue vir HPV.
Bykomend tot die skenking van Roche is ‘n verdere 200 toetsstelle deur die Duitse Stigting vir Kankernavorsing (DKFZ) geskenk.
HPV is die hoofoorsaak van servikale kanker.
Volgens mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof, sal die mobilisering van die HPV-toetse die weg vir voorkomende molekulêre toetse vir servikale kanker baan.
HPV is ‘n seksueel oordraagbare virale infeksie wat in die meeste gevalle vanself opklaar.
Met herhaaldelike infektering, bykomende infektering van MIV of in gevalle waar die vrou se immuunstelsel nie meer die hoë risiko- virale stam kan beveg nie, kan MPV tot die ontwikkeling van ‘n kankeragtige letsel in die serviks of baarmoedermond lei.
Volgens Hansen kan molekulêre diagnostiese HPV-toetse toetsing vir servikale kanker aanvul wanneer dit in samewerking met die tradisionele papsmeer gebruik word. Dit verseker ‘n enkele, meer omvattende en deeglike ondersoek.
“Vroue wat HPV- en MIV-positief is se risiko is hoër om servikale kanker te ontwikkel. Hoewel jaarlikse papsmere help om abnormale selle deur middel van DNA-toetse op te spoor, kan die moontlike pasiënt in die meeste gevalle doeltreffender bestuur en behandel word – selfs voor kanker ontwikkel,” sê hy.
Volgens Hansen is die algemene tydlyn vanaf HPV-infektering tot moontlike servikale kanker sowat 10 jaar.
“Gehaltetoetsing en die bestuur van HPV beteken ons kan meer lewens meer kostedoeltreffend en met minder moeite en indringende prosedures red. Dít terwyl die las op ons nasionale gesondheidstelsel verlig word,” sê hy.
Sou ‘n pasiënt beide HPV- en MIV-negatief bly, val die tradisionele papsmeer weg en is toetsing met tussenposes van vyf tot 10 jaar volgens Hansen van toepassing.
Tans kos toetsing vir servikale kanker deur middel van ‘n papsmeer of HPV-toetsing sowat N$1 200.
CAN het danksy suksesvolle onderhandelings ‘n markprys vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste beding wat HPV-toetsstelle landswyd beskikbaar maak.
HPV-toetsstelle sal as deel van die nasionale kankeruitreikprogram beskikbaar gestel word.
Vroue ouer as 35 jaar en veral vroue wat MIV-positief is, kan me. Martha Angolo van CAN by (061) 237740 of by [email protected] vir meer inligting kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie