Toetsreeks wag volgende maand
Toetsreeks wag volgende maand

Toetsreeks wag volgende maand

Rolbal
Die Namibiese Rolbalvereniging gaan vanaf 7 tot 9 September by die Eros-rolbalklub in die hoofstad 'n driehoekige toetsreeks teen Botswana en Zimbabwe aanbied.

Die toetsreeks het aanvanklik as 'n jaarlikse kompetisie tussen Suid-Afrika en Namibië begin, maar Zimbabwe het later sy buiging gemaak en Suid-Afrika het op sy beurt 'n junior Proteaspan bygevoeg.

Met geen borge vir die Suid-Afrikaners beskikbaar in 2018 nie, het dié land onttrek en Botswana is genooi om die RSA se plek te vul.

Behalwe Namibië se nasionale span sal 'n uitnodigingspan ook sy plek op die baan teen Botswana en Zimbabwe inneem.

Al vier dissiplines (enkelspel, pare, drie- en vierspel) sal in die mans- én vroue-afdelings op 'n rondomtaliegrondslag gespeel word. Ná afloop van die reeks sal die mans en vroue se punte bymekaargetel word om die algehele wenland te bepaal.

In 'n bykomende kompetisie vir die seniors spelers (60 en ouer) van al drie lande, is daar 'n driehoekige toetsreeks waaraan hulle sal deelneem. Die toernooi sal ook op 'n ­rondomtaliegrondslag beslis word waar die mans en vroue se punte aan die einde van die reeks bymekaargetel gaan word om die wenner aan te wys.

Namibië se nasionale spanne: Mans: Will Esterhuizen, Johan Jacobs, Steven Peake, Cabous Olivier, Schalk van Wyk. Vroue: Marietjie van den Berg, Diana Viljoen, Debbie Voights, Anjuleen Viljoen, Amanda Steenkamp.

Die uitnodigingspanne: Mans: Graham Snyman, Ewald Vermeulen, Alexander Joubert, Dave Gibbons, Piet Appollis. Vroue: Miele van der Merwe, Jacomien Diederiks, Renette de Kock, Hupie van Wyk, Bianca Lewis.

Seniors: Mans: Tollie Cronje, Ian Crawford, Willie Esterhuizen, Jurie Calitz, Kiewiet Rust. Vroue: Lynne Lindsay-Payne, Avril Kotze, Heleen Rust, Bea Lamprecht, Jean Joubert.

• Die Namibiese Rolbalvereniging het op sy onlangse jaarvergadering sy nuwe uitvoerende komitee vir die volgende jaar verkies.

Die lede is Ken Morland (president), Desmond van der Smit (visepresident), Anjuleen Viljoen (sekretaris), Mandie Steenkamp (tesourier), Schalk van Wyk (kompetisie-sekretaris), Jenny Gardiner (bykomende lid / waarnemende skakelbeampte) en Lesley Vermeulen (atleteverteenwoordiger).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!