Tokio 2020 die groot lokaas vir Paralimpiu00ebrs
Tokio 2020 die groot lokaas vir Paralimpiu00ebrs

Tokio 2020 die groot lokaas vir Paralimpiërs

Para-atletiek
NAMPA
'n Kleinerige span van dertien atlete asook drie gidshardlo­pers vergesel deur beamptes het gister in Dubai geland waar hulle vanaf Donderdag tot 15 November aan die Wêreldatletiekkampioenskap van die Internasionale Paralimpiese Komitee sal deelneem.

Die Namibiese atlete sal aan baan- sowel as velditems deelneem. Siggestremde atlete soos Ananias Shikongo en Johannes Nambala sal die landsvlag in die naellope laat wapper, terwyl Roodly Gowaseb, Namibië se voorste rolstoelsneller, die baan aan die brand sal wil jaag.

Johanna Benson, Namibië se goue meisie met goud en silwer by die 2012 Paralimpiese Spele, maak haar terugkeer en mik beslis vir 'n plek in Tokio.

Michael Hamukwaya, sekretaris-generaal van die Namibië Paralimpiese Komitee, het gister laat weet dat die toergroep veilig in die Verenigde Arabiese Emirate geland het. Hamukwaya sê die span se moraal is reg en hulle is geestelik sowel as fisiek in topkondisie om Namibië op die wêreldverhoog te plaas.

Die span sluit sewe groentjies in wat hul debuut in Dubai vir Namibië gaan maak.

In 2017 het net vier atlete die land by dié elite byeenkoms verteenwoordig. Twee jaar later lyk die prentjie beduidend beter met 'n span van 13 wat reg vir aksie is.

“Ons doel is om ten minste vir vyf plekke by die 2020 Paralimpiese Spele te kwalifiseer. Dit sal slegs gebeur as ons atlete onder die voorste drie in hul items eindig. Dit gaan nie maklik wees nie, want die kompetisie gaan straf wees, maar ons atlete is deeglik vir die aanslag van ander lande se bestes voorberei.

“In die span is 'n handvol jeugdige atlete wat 'n hele paar mense gaan verstom. As 'n vereniging is ons verheug om te sien daar vind ontwikkeling plaas wat nuwe atlete na Paralimpiese atletiek lok.”



GETALLE BELANGRIK

“Vier jaar van nou af gaan daar 'n groep uitgesoekte atlete wees wat die land kan teenwoordig nadat van die ouer atlete uitgetree het.

“Ek wil baie graag volgende jaar 'n groterige span na die Paralimpiese Spele in Tokio neem. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons ten minste vyf plekke na Tokio moet bespreek,” het Hamukwaya verduidelik.

Die Namibiese atlete in Dubai is: Sylvia Shivolo (F40-klas, gewigstoot), Ananias Shikongo (T11, 200 m, 400 m), Roodley Gowaseb (T54, 100 m rolstoelren), Karuli Petrus (T37, 1500 m), Bradley Murere ( T46, 100 m), Johannes Nambala (T13, 200 m, 400 m), Alfred Bernardo (T11, 100 m), Christoph Marungu (T12, 400 m), Johanna Benson (T38, 100 m, 200 m, 400 m), Mushila Eino (T13, 400 m), Denzel Namene (T44, 200 m), Lahja Ishitile (T11, 100 m, 200 m, 400 m, verspring) en Reginald Benade (T36, gewigstoot). - NPC/Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!