Tongaat Hulett verwag wins gaan styg
Tongaat Hulett se suikerproduksie was op 1,056 miljoen ton nie veel meer as die vorige jaar nie weens ’n droogte in KwaZulu-Natal en swak toestande vir suikerriet in Mosambiek en Zimbabwe.
Nellie Brand-Jonker - Die suikermaatskappy Tongaat Hulett verwag sy bedryfswins vir die boekjaar tot einde Maart gaan met 40% tot amper R2,3 miljard styg.
Sy wesensverdienste gaan na verwagting R982 miljoen wees vergeleke met R679 miljoen in die vorige boekjaar.
Die resultate toon die beter inkomste vir suiker wat ontvang is en die bedryfswins wat verbeter het.
Die skerp omkeer in sy sake kan gesien word in sy suikerbedrywighede wat van ’n bedryfsverlies van R15 miljoen tot ’n bedryfswins van R1,27 miljard omgekeer het.
Dit is toegeskryf aan die pryse in die plaaslike mark wat verbeter het nadat beskerming teen invoer meer doeltreffend plaasgevind het en hoër pryse vir uitgevoerde suiker in Afrika en Europa gekry is.
Sy suikerproduksie was op 1,056 miljoen ton nie veel meer as die vorige jaar nie weens ’n droogte in KwaZulu-Natal en swak toestande vir suikerriet in Mosambiek en Zimbabwe. Wanneer die toestande herstel, sal sy produksie tot meer as 1,5 miljoen ton styg.
Die maatskappy se stylselbedrywighede is negatief geraak deur die koste van mielies omdat pryse deur die droogte in 2016 beïnvloed is. Die bedryfswins van dié bedrywighede het R510 miljoen beloop teenoor R658 miljoen in die vorige boekjaar.
Die maatskappy is steeds besig om van sy grond te ontwikkel en dit het ’n bedryfswins van R641 miljoen geskep wat minder as die R1,1 miljard in die vorige boekjaar is.
In die boekjaar is 75 ha verkoop teenoor 121 ha in die vorige boekjaar. Onderhandelinge vind plaas om nog 233 ha te verkoop.
Die wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting 45% hoër wees. Die resultate vir die boekjaar word 29 Mei verwag. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie