Tony Figueira: 'n Jaar van heling
Jacqueline Louw & Elvira Hattingh – Die Portugese Orde vir Uitnemendheid is onlangs tydens die Portugese Nasionale Dag-vieringe aan die bekende fotograaf Tony Figueira toegeken.
Kollig het vandeesweek met hom gesels en hy het onder meer vertel oor die afgelope jaar, wat vir hom een van heling was en waartydens hy stadig maar seker weer op sy voete ná ‘n kankerdiagnose gekom het.
Tony, wat in Angola gebore is en as sesjarige saam met sy gesin Namibië toe getrek het, het aanvanklik naam gemaak as fotojoernalis in die onstuimige jare voor onafhanklikheid en toe as baanbreker in die fyn kuns van fotografie. Dit het hom, ná meer as twee dekades, in die geskiedenis van Suider-Afrika verewig.
Tony se lewensreis as sakeman, fotograaf en kunstenaar is ? inspirasie. Die afgelope vyf jaar was vir hom uitdagend nadat hy in 2010 met veelvoudige miëloïede, ‘n tipe beenmurgkanker, gediagnoseer is. Hy het ‘n groot rugoperasie ondergaan om ‘n gewas in sy ruggraat te verwyder, maar in November 2014 lei die kanker daartoe dat hy sy regterbeen breek.
“Dit het die koers van my lewe verander. Alles moes tot ‘n einde kom – al my werksaamhede en ook my foto-ateljee moes Swakopmund toe skuif,” vertel Tony.
“Met die bystand van my ongelooflike lewensmaat en pragtige vrou, Gabi, en die liefde van my familie, vriende en die gemeenskap, kan ek myself nêrens anders as na genesing sien beweeg nie. Wie weet wat ek volgende jaar gaan doen? Een ding is vir seker, dit gaan kreatief wees!”
Waar is jy gebore? Vertel van jou kinderjare?
Ek is in Huambo, Angola, gebore en het in 1966 as sesjarige Namibië toe gekom toe my ouers van Angola hierheen geïmmigreer het.
? Vloed van herinneringe aan my kinderjare setel in die dorp wat meestal nat en vogtig was – met baie piesangbome waarvan ons die blare gebruik het om fluitjies te maak.
Dan was daar die moddergevegte wat ons wit skoolbeffies in ? “nagmerrie” verander het.
St. Paul's College in Windhoek was my eerste vuurdoop – ek het daar aangekom sonder dat ek ? woord Engels kon verstaan. Dit het ? rukkie geneem, maar Engels het later vir my die instrument vir die toekoms geword.
Vertel ons meer van jou familie?
My pa is ongeveer ses jaar gelede oorlede.
My moeder, suster Anabela en neef Ricardo bly in Windhoek, my niggie Cristina in London en my dogter Gina is besig met haar graad in skone kunste by Rhodes Universiteit in Grahamstad. Portugese families is geneig om baie geheg te wees en ons s’n was nog altyd ? kombinasie van familiewaardes en tradisies.
Hoe het jou belangstelling in fotografie begin?
Op skool, toe ek 16 was, wou ek ? skrywer, joernalis, fotograaf of musikant word.
Jy is bekend as ’n fotograaf, maar ook as sakeman en joernalis. Vertel ons meer oor jou betrokkenheid in joernalistiek en die sakewêreld?
Nadat ek ? graad in joernalistiek en mediastudies aan Rhodes Universiteit voltooi het, het ek na Namibië teruggekeer om die vryheidstryd te dokumenteer.
Dit was moeilike tye, maar opwindend. Daar was soveel vooruitsigte, maar dit het ? paar jare geneem om te realiseer. Ek moes ? paar dinge ontduik, soos om vir die Suid-Afrikaanse Weermag en die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmagte opgekommandeer te word – weermagte wat ek gesweer het ek nooit voor sou veg nie.
Dit het amper gebeur, maar een van die maniere wat my in staat gestel het om in die land te bly, was om ? besigheid te bedryf. So het ek uiteindelik in my familie se motorhandelbedryf begin werk en ? groot deel van my werkende lewe daar bestee. Hoewel die tydperk by Godinho Auto Body Repairs ? baie waardevolle besigheidsondervinding was, was dit nie my passie soos fotografie nie. Dit het dus ongeveer 12 jaar gelede tot ? einde gekom toe ek Studio 77 begin het.
Jy glo “ware fotografie moet in die verbeelding gekomponeer word voordat die sluiter vrygestel word”. Hoe doen ? mens dit?
Fotografie is ? kombinasie van verskeie vaardighede – die tegniese aspek van die kamera as instrument om lig vas te vang en beelde op te neem, gaan hand aan hand met kennis van omgewings, agtergronde, onderwerpe en gedragspatrone, wat vir die fotograaf ? wye spektrum verskaf van waar hy werk.
Fotograwe se instrument is altyd dieselfde – ? kamera – maar ons omstandighede verander deurentyd, soos byvoorbeeld lig. As gevolg daarvan moet fotograwe bewus wees wat die impak van lig op film of ? sensor het, en hoe dit die kwaliteit van die beeld sal beïnvloed. Buiten dit moet ons ook verantwoordelik wees as individue met instrumente wat baie intimiderend kan wees.
Fotografie word dus in my verbeelding gekomponeer wanneer ek my kamera volgens die ligkwaliteit instel rondom wat ek ook al wil afneem en dan die voltooide voorstelling in my verbeelding “sien.” Dan eers stel ek die sluiter vry. Op dié punt kyk ek na my beeld en as dit lyk soos die voorstelling in my verbeelding, dan neem ek die foto.
Hoe dikwels ontmoet die werklikheid hierdie “voorstelling in jou verbeelding”?
Byna altyd.
Jy het sleutelmomente in kontemporêre suider-Afrikaanse geskiedenis gedokumenteer, byvoorbeeld Nelson Mandela se post-apartheidsbesoek aan Robbeneiland en Sam Nujoma se terugkeer van ballingskap. Vertel meer.
Ek was baie bevoorreg om gedurende daardie tyd toe daar soveel gebeur het in Namibië te woon.
Onafhanklikheid was onafwendbaar, ons het dit almal geweet, die vraag was net wanneer dit sou gebeur. Soos die jare verbygegaan het, het ons meer en meer ongeduldig geword, die saamtrekke asook die politieke aksie het al hoe meer intens geword en ons kon nie anders as om wat aan die gebeur was te dokumenteer nie. Dit was ? natuurlike proses. Dit was wonderlik om toe die lewe te dokumenteer. Net soos nou.
Jou geliefkoosde fotografiese onderwerp?
Mense.
Wat is die eerste ding wat jy van ? onderwerp waarneem?
Hoe gemaklik hulle met my of die kamera is en dan tree ek van daar verder op.
Benewens die onlangse toekenning, was daar enige ander wat jy wil uitsonder?
Ek het ? paar Gecko-toekennings verwerf, plaaslike en internasionale uitstallings gehad, maar oor die algemeen neem ek nie aan kompetisies deel nie.
Hoe het jou foto’s in die laaste vyf jaar verander?
Ek het hoofsaaklik gekonsentreer om my vaardighede in die ateljee te verfyn en my op kommersiële werk toe te spits.
My dokumentêre fotografie gebeur in aksie en dit is dikwels glad nie beplan nie.
Besonderse hoogtepunte in jou loopbaan as fotograaf?
Ja, om Nelson Mandela af te neem was sekerlik ’n belangrike hoogtepunt.
Daar was so baie ander, maar om saam met my goeie vriend en die kreatiewe reus Richard Pakleppa aan ‘n jaarlange dokumentêre stuk oor Angola te werk, was onvergeetlik. Om verslag te doen van ? geheime Unita-dorpie in Namibië, net voor die verkiesingsveldtog in 1990, staan ook uit. Ek is besonder geheg aan die mense wat saam met my aan hierdie projek gewerk het, my wonderlike vriende Kate Burling en wyle Dirk Potgieter.
Die belangrikste ding in jou lewe?
My gesondheid.
Ander talente en belangstellings?
Ek skryf.
En omdat ek tromme vir baie jare bespeel het en in ? stadium selfs ? loopbaan in musiek beoog het, dink ek dat ek myself ? musikant kan noem. Dit was ? lang tyd gelede, maar wie weet, jy mag my dalk net weer agter ? goeie stel tromme sien!
Is daar enige skatte wat Namibië aan jou gegee het wat jy saamdra?
Namibië is in vele opsigte my skatkis.
Dit is die ongelooflikste land om te dokumenteer, van die landskappe tot die abstrakte. Dit is egter by die fotografering van mense waar my passie lê, waar ek die meeste skoonheid en aantrekkingskrag vind. Ek is baie lief daarvoor om mense af te neem, hul omgewings, lewens, emosies, gevoelens . . . Ek is lief daarvoor om met mense te verbind, hul wese op ‘n foto weer te gee.
As jy ? boodskap aan die mensdom kan oordra?
Soek na die grootheid in andere en jy sal jou eie grootheid ontdek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie