Topgekeurde Forrest opnuut bekroon
Muurbal
Die Wanderers 2017 Visions Consulting Ope-toernooi is die afgelope naweek deur Andrew Forrest gewen toe hy die belowende jong Kyle Kriel in die eindstryd met 3-1 geklop het.
Tagtig deelnemers was oor vier dae by die Wanderers-bane in die A- tot F-afdelings in 'n hewige stryd gewikkel om as wenners bekroon te word.
Met nuwe tegnologie wat onlangs deel van Wanderers se aanbieding geword het, was die deelnemers gereed om hul vernuf te vertoon.
Heelwat van die land se topspelers het van elders na Windhoek gereis en dus was dit te wagte dat die spel van uitstaande gehalte sou wees. Andrew Forrest, Namibië se nommer een, het in een semifinaal teen Danie Greeff (sesde gekeur) geseëvier, terwyl Kyle Kriel (vierde gekeur en die land se voorste junior) vir Cliffie de Witt (derde) in die tweede semifinaal uitgeskakel het.
Beide Forrest en Kriel het vyf stelle nodig gehad om hul opponente onder te kry.
Voor en tydens die eindstryd tussen twee gerekende spelers was opwinding aan die orde van die dag, met Forrest wat weereens wys hoe goed hy die afgelope tyd op dreef is. Hy was ook verlede jaar as die koning van dieselfde kompetisie bekroon.
Die Visions Consulting Ope-toernooi sal op 16 Augustus deur die Wanderers Amstel Lite-kampioenskap opgevolg word.
“Dit was 'n baie lang naweek met 'n strawwe toernooi en verskeie taai kragmetings. Ek is verheug om my titel as die Visions Consulting Ope-kampioen te kon verdedig. 'n Groot dankie aan Rudi Koekemoer van Visions Consulting vir sy wonderlike borgskap en Wanderers wat opnuut 'n fantastiese kompetisie aangebied het. Dankie aan Leon Gelderblom vir die Harrow raket waarmee julle my borg,” het Forrest op Facebook geskryf.
Vanweë die beperkte getal bane by Wanderers, kon net soveel inskrywings hanteer word.
“Dit was moeilik om van die inskrywings weg te wys, maar nog steeds opwindend om te weet dat ons by Wanderers iets reg doen om soveel inskrywings te lok. Die enigste oplossing is om nuwe bane te bou en om dit reg te kry, moet ons eers geld insamel. Dus is ons tans druk besig met 'n ernstige geldinsamelingsprojek.
“Hopelik sal ons binne die volgende jaar gereed wees om 100 inskrywings of meer per kompetisie te hanteer,” sê Steven Berry, voorsitter van die Wanderers muurbalklub.
Die uitslae van die eindstryde was:
A-afdeling: Andrew Forrest 3-1 Kyle Kriel.
B-afdeling: Lida-Marie Calitz 3-1 Henko Knipe.
C-afdeling: Thilo Himmel 3-1 Hein Bamm.
D-afdeling: Joseph van Niekerk 3-0 Pieter Meuwesen.
E-afdeling: Paul Verburg 3-0 Lee-Anne Ludwig.
F-afdeling: Jacques Davids 3-0 De Wett van Huissteen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie