Topskool se eksamenuitslae ondersoek
Topskool se eksamenuitslae ondersoek

Topskool se eksamenuitslae ondersoek

Die onderwysministerie het ondersoekbeamptes is na verskeie streke en spesifieke skole gestuur waar wanpraktyke vermoed word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Een van Namibië se voorste private skole wat jaar na jaar onder die toptien in die land tydens die nasionale eksamens is en ook gereeld individuele toppresteerders oplewer, is een van die skole wat vir beweerde wanpraktyke met verlede jaar se nasionale eksamens ondersoek word.

St. Boniface Kollege was verlede jaar opnuut onder die toptien skole van die graad 11- en 12-uitslae.

Die uitvoerende direkteur van die ministerie, me. Sanet Steenkamp, het bevestig ondersoekbeamptes is na verskeie streke en spesifieke skole gestuur waar wanpraktyke vermoed word.

Steenkamp sê die ondersoeke is afgehandel en die betrokke komitees is in die proses om te vergader om verslae te evalueer en die pad vorentoe gebaseer op voorstelle te bepaal.

“Ons kan nodig hê om óf ’n buitengewone vergadering vir die eksaminerings- en evalueringsraad byeen te roep, óf te wag vir die vergadering in die derde week van Maart om dié beplande optrede as resolusies te bekragtig,” het sy gesê.

Sy het bevestig St. Boniface is een van die sentrums wat vir wanpraktyke in die eksamens ondersoek word.

“Die oomblik wanneer die raad die inhoud van alle verslae geëvalueer het, sal ons in staat wees om ’n verklaring te maak,” het sy gesê.

St. Boniface was die nommer een private skool vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) en het ook die land se toppresteerder opgelewer het. Nege uit die tien toppresteerders vir NSSCO was van dié skool op Rundu.

St. Boniface se skoolhoof die afgelope 17 jaar, me. Mary Phillis Yesudasan, het in Desember verlede jaar na Indië teruggekeer.

Yesudasan was sedert 2003 die hoof van die skool. Personeel het beweer hulle was nie bewus daarvan dat sy die skool aan die einde van die jaar sou verlaat nie.

Die minister, me. Anna Nghipondoka, het tydens die amptelike bekendmaking van vanjaar se uitslae bevestig die uitslae van sommige van die kandidate en sentrums waar ongerymdhede of wanpraktyke beweer word, is hangend die uitslag van ’n ondersoek teruggehou. Deeglike ondersoek is noodsaaklik om die integriteit van Namibië se nasionale kwalifikasie asook die geloofwaardigheid van die nasionale eksamens te beskerm.

Sy het ook ’n beroep op kandidate, die publiek en beamptes gedoen om hulle te weerhou van “onaanvaarbare optrede” soos om kandidate te help of oneerlik tydens eksamens te wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!