Toyota herroep 1 m. motors oor brandgevaar
Die twee markte waarin die meeste van die voertuie herroep word, is Japan en die VSA.
Toyota herroep wêreldwyd meer as ’n miljoen van sy Prius- en C-HR-voertuie weens ’n brandgevaar.
Jean-Yves Jault, ’n woordvoerder van Toyota, het bevestig 1,03 miljoen van die voertuie word herroep.
Die twee markte waarin die meeste van die voertuie herroep word, is Japan met 554 000 en die VSA met 192 000.
Geen syfers word vir ander lande, insluitende Suid-Afrika, is verskaf nie.
Geen voertuig het nog aan die brand geslaan nie, maar Toyota is ingelig rook het by een begin uitkom. Die voertuig se insittendes is nie beseer nie.
’n Omhulsel wat bedrading in die motor beskerm, kan met tyd weens gebruik beskadig raak. Dit kan dan tot ’n kortsluiting lei en moontlik selfs ’n brand, sê die maatskappy in ’n verklaring.
Die herroeping is van toepassing op alle huidige-generasie-Prius-motors, insluitende die model wat kan inprop en die hibried-weergawe van die C-HR wat tot Mei vanjaar vervaardig is.
Die nuutste weergawe van die Prius word sedert 2015 vervaardig en die C-HR sedert Desember 2016.
Dit is een van die grootste herroepingsprojekte wat Toyota naas die probleem met Takata-lugsakke gaan uitvoer.
Die maatskappy, met sy hoofkantoor in Japan, moes voorheen ook die Prius herroep.
In 2016 het hy sowat 2,87 miljoen motors, wat die Prius ingesluit het, herroep weens brandstoftenks wat lek.
Hy het ook 1,43 miljoen voertuie, in die geval meestal Prius-voertuie, herroep weens lugsakke wat nie deur Takata gemaak is nie.
Verskeie motorvervaardigers moes miljoene motors herroep toe dit op die lappe kom dat lugsakke wat deur Takata vervaardig is, nie ontplooi het nie. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie