Toyota herroep 2,4 miljoen motors
Toyota gaan 2,43 miljoen van sy motors wêreldwyd herroep omdat hulle kan gaan staan.
Dit is spesifiek motors met ’n hibriede stelsel wat ’n petrolenjin en elektriese krag gebruik.
Toyota herroep spesifiek Prius- en Auris-modelle wat tussen Oktober 2008 en November 2014 vervaardig is.
Die maatskappy sê hy gaan 1,25 miljoen motors in Japan, 830 000 in Amerika en 290 000 in Europa herroep.
Hy gaan ook motors in ander wêrelddele herroep, insluitend Suid-Afrika.
Toyota sê in ’n verklaring in “seldsame gevalle” kan voertuie nie na ’n “faalvrye” bestuursmodus oorskakel as daar iets fout gaan met die hibriede stelsel nie. Dit kan tot kragverlies ly en die motor kan gaan staan.
Toyota sê daar is nog geen ongelukke aangemeld weens die probleem nie.
– Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie