Trump bevind homself op Noord-Korea se voorstoep

Pres. Donald Trump het gister in Suid-Korea aangekom. Dit is die naaste wat hy aan die Noord-Koreaanse front sal kom.
NAMPA
Pres. Donald Trump van Amerika sê 'n oplossing moet gevind word vir die veiligheidsbedreiging wat Pjongjang met sy kernwapens inhou.

Trump het gisteroggend op die Osan-lugmagbasis buite Seoel in Suid-Korea aangekom waar sy 24 uur lange besoek spanning tussen hom en Noord-Korea kan laat styg.

Hy is per helikopter na Kamp Humphreys, die grootste Amerikaanse militêre basis in die land, gevlieg waar hy saam met pres. Moon Jae-in Amerikaanse en Suid-Koreaanse troepe ontmoet het.

Die Withuis sê Trump se besoek is daarop gemik om Amerika se geharde benadering tot Noord-­Korea se kern- en missieldreigemente te demonstreer. Baie in die streek vrees egter dat verdere veglustige presidensiële retoriek die potensiaal van verwoestende ­militêre konflik op die Koreaanse skiereiland sal laat toeneem.

Ná sy ontmoeting met militêre bevelvoerders oor Noord-Korea, het Trump aan verslaggewers gesê: “Uiteindelik sal alles uitwerk. Dit werk altyd uit. Dit moet uitwerk.” Hy het nie verder uitgewei nie.

Trump het pres. Moon vir die “goeie samewerking oor hoe om Noord-Korea te konfronteer” asook 'n handelsooreenkoms tussen Amerika en Suid-Korea geloof.

Toe die twee leiers later formele samesprekings gevoer het, ná 'n glansryke verwelkoming buite die presidensiële Blouhuis in Seoel, het Moon Trump meegedeel hy hoop die besoek sal van Suid-­Korea se kommer oor Noord-Korea verlig. Hy het ook die hoop uitgespreek dat dit “'n draaipunt in 'n oplossing vir die Noord-Koreaanse kern­kwessie” is.

Pjongjang se onlangse kern- en missieltoetse, in weerwil van Verenigde Nasies (VN)-resolusies en die uitruil van beledigings tussen Trump en Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, het die mees ­kritieke internasionale uitdagings nóg vir die Trump-administrasie mee­gebring.

Drie groepe Amerikaanse vliegdekskepe sal saam in die westelike Stille Oseaan in die komende dae oefen in 'n magsvertoon wat selde in die streek gesien word. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!