Trump: China dalk stok in wiel met Noord-Korea
Trump: China dalk stok in wiel met Noord-Korea

Trump: China dalk stok in wiel met Noord-Korea

Pres. Donald Trump het Maandag daarop gesinspeel dat China Amerika se pogings om Noord-Korea van kernwapens te laat afsien, in die wiele ry.

Hy is egter vol vertroue dat Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, die ooreenkoms oor kernontwapening wat verlede maand bereik is, sal nakom, sê hy.

Trump sê hy vermoed China pas negatiewe druk toe weens die nuwe invoertariewe wat Amerika op Chinese goedere ingestel het. Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, meen daar is vordering gemaak sedert die samesprekings tussen Trump en Kim, “hoewel ’n moeilike pad nog voorlê”. Noord-Korea het Amerika egter Saterdag van ’n “rampokkeragtige ingesteldheid” in die hoëvlakonderhandelings oor kernontwapening beskuldig. Pompeo reken weer die gesprek was “produktief”. Ná die samesprekings op 12 Junie, waarin Kim breedweg gesê het hulle “werk daaraan om van hul kernwapens ontslae te raak”, het Trump aangekondig dat Noord-Korea nie meer ’n kernbedreiging inhou nie. Geen besonderhede is toe gegee nie en Pompeo is daarna Pjongjang toe om die besonderhede uit werk. Maandag het hy gesê ure se onderhandelinge is nog nodig. In die verklarings ná die samesprekings is nie melding gemaak van hoe die missielprogram afgetakel sal word nie. In Amerikaanse intelligensiekringe word geglo dat Noord-Korea dit nie heeltemal tot niet sal maak nie. Robert Gallucci, ’n afgetrede ambassadeur, sê Trump se uitlatings dat Noord-Korea nie meer ’n bedreiging inhou nie, is misleidend. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!