Trump dreig N-Korea met vuur en woede
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Dinsdag gewaarsku dat voortgesette dreigemente van Noord-Korea met “vuur en woede” begroet sal word.
Trump het op Twitter 'n apokaliptiese prentjie van “vuur en woede, op 'n skaal wat die wêreld nog nooit gesien het nie” geskets, indien Noord-Korea met dreigemente teen die VSA volstaan.
Die Amerikaanse president het onlangs kwaai onder skoot gekom oor sy hantering van die Noord-Koreaanse kernprogram.
The Independent in die Verenigde Koninkryk het Dinsdag berig sowat 61% van Amerikaners voel “twyfelagtig” oor of Trump die beste kandidaat is om die groeiende bedreiging te stuit.
Noord-Korea het verlede maand sy tweede missieltoets in 'n kort tyd gedoen en gewys dié wapens kan dalk binnekort die Amerikaanse kuslyn bereik.
Die toetse is onderskeidelik op 4 en 28 Julie uitgevoer. Noord-Korea voer ten spyte van hewige sanksies aan die ontwikkeling van kernwapens is heeltemal wettig en noodsaaklik vir die land se beskerming.
Amerikaanse bondgenote in die streek, insluitend Japan, neem na wat berig word die dreigemente baie ernstig op.
Japan het onder meer onlangs oefeninge ingestel om skoliere en inwoners touwys te maak oor wat om in die geval van 'n missielaanval te doen om hulself te beveilig.
Die eerste missiel is simbolies tydens die viering van Amerika se onafhanklikheid afgevuur en het met 'n geskatte reikwydte van nagenoeg 10 000 km die potensiaal om 'n groot deel van die VSA tot sover as Chicago en Detroit in die Middeweste te bereik.
Die tweede missiel het volgens Melissa Hanham, senior navorser aan die Middlebury-Sentrum vir Internasionale Studies in Monterey, Kalifornië, 'n reikwydte van 11 000 km – wat 'n potensiële bedreiging vir Washington DC, die Amerikaanse hoofstad inhou. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie