Trump gesels met eertydse teenstander
Trump gesels met eertydse teenstander

Trump gesels met eertydse teenstander

Francoise Steynberg
Donald Trump, aangewese Amerikaanse president, en Mitt Romney, Republikeinse presidentskandidaat in 2012, het Saterdag byeengekom.

Die twee, wat reeds lank haaks is, het Saterdag hul verskille opsy gesit en gepraat oor die moontlikheid dat Trump Romney die pos van minister van buitelandse sake sal aanbied.

Volgens Trump het hulle ''n omvattende en diepte-gesprek gehad.

Romney was die eerste van ''n hele klomp mense met wie Trump in die naweek sou vergader, juis om poste in sy nuwe kabinet te vul.

Romney was een van die Republikeinse leiers wat Trump se benoeming om presidentskandidaat van die party te word, teengestaan het.

Romney het in Maart gesê hy is “bevrees vir Trump se buitelandse beleid. Hy is nie baie slim nie.” -Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!