Trump krabbel terug oor immigrasie
Sowat 12 miljoen mense woon onwettig in Amerika, aldus die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid.
Pres. Donald Trump van Amerika het Sondag gesê sy voorgestelde immigrasie-ooreenkoms om die gedeeltelike sluiting van die Amerikaanse regering te beëindig sal nie tot amnestie vir die sogenaamde “Dromers” lei nie. Hy het egter aangedui dat hy amnestie as deel van ’n breër ooreenkoms oor immigrasie sal aanvaar.
Die president het Sondagoggend ’n Twitter-storm ontketen met sy twiet dat hy hom daarvoor sal beywer om die miljoene onwettige vreemdelinge uit die land te gooi.
Hy het ook die Speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, Nancy Pelosi, en haar mede-Demokrate gelooi omdat hulle nie wil byt aan sy immigrasie-aanbod nie.
“Nee, amnestie is nie deel van my aanbod nie. Dit is slegs ’n uitstel van drie jaar van die DACA-wetgewing (uitgestelde aksie vir kinderaankomelige). Amnestie sal slegs in ’n veel groter ooreenkoms, oor immigrasie of iets anders, ter sprake kom,” het Trump getwiet.
“Net so sal daar ook nie ’n groot poging wees om die 11 000 000 mense te verwyder wat onwettig hier (in Amerika) is nie, maar pasop, Nancy!”
ONWETTIGE IMMIGRANTE
Die “Dromers” verwys na onwettige immigrante in Amerika wat as kinders die land ingekom het. Hulle word kragtens DACA-wetgewing beskerm teen deportasie.
DACA is deur oudpres. Barack Obama ingestel. Die Trump-administrasie het in September 2017 gesê hy wil DACA ongedaan maak, maar die wetgewing geld kragtens ’n hofbevel steeds.
Trump het nie duidelik gemaak waarna hy verwys het toe hy oor die 11 miljoen mense in sy twiet geskryf het nie.
Sowat 12 miljoen mense woon onwettig in Amerika, aldus die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid.
Ongeveer ’n kwart van die Amerikaanse regering is sedert 22 Desember verlede jaar gesluit weens Trump se aandrang op US$5,7 miljard (sowat R78,9 miljard) om ’n muur op die suidelike grens met Mexiko te bou. Die Demokrate weier om die geld hiervoor te bewillig.
Ongeveer 800 000 federale werkers bly sedert 22 Desember reeds tuis, of werk sonder vergoeding.
Selfs die Demokrate dring al daarop aan dat die regering heropen moet word voordat daar verder oor grensveiligheid onderhandel word.
Die Amerikaanse senator Mark Warner het op die NBC-program gesê die heropening van die regering voordat daar verder oor grensveiligheid onderhandel word, is nodig om toekomstige sluitings te verhoed.
“Indien die president nou arbitrêr die regering kan sluit, gaan hy dit keer op keer doen,” het Warner gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie