Trump laat goudprys skitter
Trump laat goudprys skitter

Trump laat goudprys skitter

Donald Trump, president van Amerika, wat Noord-Korea met “vuur en woede” gedreig het, het die goudprys Woensdag 'n hupstoot gegee.

Die edelmetaal het in 'n stadium teen US$1 278,16 per fynons verhandel – die hoogste sedert 6 Junie.

Die goudprys was tóé US$1 294 per fynons.

Trump se dreigement volg na 'n reeks missieltoetse deur Noord-Korea.

Die dreigement het aandeelpryse laat tuimel terwyl die Switserse frank en sommige ontluikende markte weer voordeel daaruit getrek het.

Buiten vir Trump se dreigement het Indië se goudinvoer ook bykans verdubbel.

Ontleders by Commerzbank voorspel dat sou geopolitieke spanning toeneem, die aanvraag na goud as veilige toevlugsoord vir beleggings weer sal toeneem.

“Die gevaar neem toe en beleggers haas hulle van aandele terug na edelmetale vir veiligheid,” sê Phil Streible, senior markontleder by RJO Futures in Chicago, VSA.

“Dit lyk of die VSA een stappie nader is om in 'n militêre konflik met Noord-Korea betrokke te raak.”

Dit is nie net die goudprys wat gestyg het nie, maar ook die aandeelpryse van goudmynmaat­skappye.

Bloomberg Intelligence sê 'n indeks van 15 goudmynmaatskappye het met 1,1% gestyg. Yamana Gold, Randgold Resources en Barrick Gold het almal meer as 2% gestyg.

Indië
Goudinvoer na Indië, die wêreld se tweede grootste koper van die edelmetaal, het in Julie gestyg. Dit volg na ­vertraagde ­aflewerings wat voor die ­toepassing van 'n nuwe belasting op nasionale goedere en dienste bespreek is, afgelewer is, sê 'n bron.

Dié land se invoer het op 'n ­jaargrondslag met 82% tot 53,4 ton gestyg. Dit is egter minder as die 72 ton wat in Junie ingevoer is.

Volgens Bloomberg is die 625,5 ton goud wat Indië die eerste sewe maande van die jaar twee en 'n half keer meer as 'n jaar te vore.

Die Wêreldraad vir Goud voorspel egter dat aanvraag vanuit dié land vir die res van die jaar laer gaan wees.

Die Suid-Afrikaanse mark was Woensdag gesluit weens die ­vakansiedag.

- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!