Trump ontmoet Kim weer binnekort
Die Withuis-woordvoerder sê hulle is ten gunste van die vergadering en is besig met voorbereidings vir die ontmoeting.
Pres. Donald Trump en Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, ontmoet een van die dae weer om hul onderhandelinge oor kernkragooreenkomste te begin.
Die Withuis het bevestig dat gesprekke tussen die twee gevoer word om ’n tweede vergadering te belê, berig The Times of India.
Sarah Huckabee Sanders, Withuis-woordvoerder, sê Kim het die opvolgvergadering ná afloop van die geskiedkundige beraad in Singapoer in Junie versoek.
Volgens Sanders het Kim die versoek vir ’n opvolgvergadering by wyse van ’n “positiewe brief” aan Trump gerig.
Financial Times berig die aankondiging oor Kim en Trump wat wil ontmoet, kom in die lig van Trump wat drie weke gelede ’n beplande besoek aan die Noord-Koreaanse hoofstad Pjongjang, deur Mike Pompeo, sy staatsekretaris, gekanselleer, het.
Sanders sê hulle is ten gunste van die vergadering en is besig met voorbereidings vir die ontmoeting.
Volgens Sanders dien die brief as bewys van hoe die verhouding tussen die twee leiers gevorder het, berig The Guardian.
Sanders het ’n besluit wat Noord-Korea die naweek geneem het, om nie ballistiese missiele in ’n militêre parade in Pjongjang te gebruik nie, geloof. Trump het die besluit ook op Twitter geprys.
“Dankie aan u, voorsitter Kim,” het Trump ná afloop van die 70ste militêre parade getwiet.
“Ons gaan almal verkeerd bewys! Daar is niks soos ’n goeie dialoog tussen twee mense wat van mekaar hou nie! Veel beter as voordat ek die presidentskap opgeneem het,” lui Trump se inskrywing op Twitter.
Volgens The Times of India se berig kan die vergadering tussen Trump en Kim dalk later vandeesmaand plaasvind op die kantlyn van die algemene vergadering van die Verenigde Nasies in New York.
John Bolton, Trump se raadgewer oor veiligheid, sê egter hy glo nie Kim gaan die VN se vergadering bywoon nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie