Trump su00ea ja vir aanvalle met hommeltuie in Afrika
Trump su00ea ja vir aanvalle met hommeltuie in Afrika

Trump sê ja vir aanvalle met hommeltuie in Afrika

Hommeltuigaanvalle op vegters van Al-Kaïda en Isis sal eersdaags deur die Amerikaanse intelligensiediens (CIA) van nuwe basisse in die Sahara uitgevoer word.

The New York Times berig dat sulke aanvalle deur pres. Donald Trump goedgekeur is.

Oudpres. Barack Obama wou die weermag in sy ampstermyn in beheer van hommeltuigaanvalle plaas vir meer deursigtigheid ná die dood van burgerlikes wat in die spervuur beland het.

Onder Trump sal die CIA sy hommeltuigoperasies na die noordoostelike dele van Niger verskuif om sodoende op Islamistiese militante in die suide van Libië jag te maak.

Volgens Reuters het die VSA sy teenwoordigheid in Niger die laaste paar jaar aansienlik versterk as teenvoeter teen die opkoms van militantheid in die Sahel-streek van Wes-Afrika.

Die gebruik van die hommeltuie genaamd MQ-9 Reapers sal volgens foreignpolicy.com toeneem namate Amerikaanse magte aan die streek onttrek word. Dié hommeltuie trek glo minder aandag, laat ’n kleiner voetspoor op die vasteland en dit is makliker om hulle te ontplooi en te beheer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!