Trump sal 'geëerd' wees om Kim te ontmoet
Pres. Donald Trump van Amerika sê hy sal “geëerd” wees om Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, in die regte omstandighede te ontmoet – nadat hy die vorige dag nog met militêre optrede teen Noord-Korea gedreig het.
Terwyl Noord-Korea dreig om 'n sesde kerntoets uit te voer wat die spanning in die Koreaanse skiereiland verder sal laat toeneem, lyk dit of Trump die moontlikheid van 'n diplomatieke uitweg bied.
“As dit toepaslik is om hom te ontmoet, absoluut. Ek sal geëerd wees om dit te doen,” het Trump eergister aan Bloomberg gesê. “As dit in die regte omstandighede is.”
Amerika (VSA) vrees dat Noord-Korea kerntegnologie en langafstandmissiele binnekort sal kan kombineer en die weste van die VSA sal kan aanval.
Trump het sy voorneme om die bedreiging wat Noord-Korea inhou, te ontlont Sondag in 'n onderhoud met CBS herhaal: “Ons kan nie toelaat dat wat 'n lang tydperk van jare aangaan, voortduur nie.”
Maar hy het ook lof vir Kim uitgespreek. “Hy het te doen met mense wat duidelik baie taai is, veral die generaals en ander. En op 'n baie jong ouderdom was hy in staat om die mag oor te neem. Hy is dus klaarblyklik taamlik skerp.”
– News24/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie