Trump: 'Sonder my was daar oorlog met Noord-Korea'
Trump: 'Sonder my was daar oorlog met Noord-Korea'

Trump: 'Sonder my was daar oorlog met Noord-Korea'

Amerikaanse beamptes probeer om 'n ooreenkoms met Pjongjang te bereik oor 'n plan vir kern­kragontwapening.
Pres. Donald Trump sê gesprekke met Noord-Korea “gaan goed” en beweer sonder hom sou Amerika “nou in 'n oorlog met Noord-Korea gewees het,” berig ABC.

Trump het die aanmerkings op Twitter gemaak. Amerikaanse beamptes probeer om 'n ooreenkoms met Pjongjang te bereik oor 'n plan vir kernkragontwapening ná sy beraad met Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, verlede maand.

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gister vir die eerste keer sedert die spitsberaad op 12 Junie in Singapoer na Noord-­Korea gevlieg vir die volgende stap in die ­onderhandelinge.

Volgens ABC het Trump in 'n twiet gesê Noord-Korea het “in agt maande geen vuurpyle afgevuur of kerntoetse gedoen nie”.

“Baie goeie gesprekke met Noord-Korea – dit gaan goed! Die hele Asië is opgewonde. Slegs die opposisieparty, wat vals nuus insluit, kla,” het Trump getwiet.

Reuters berig die Withuis het die deurlopende vergaderings as positief beskryf, maar het nie kommentaar gelewer op onlangse berigte van Amerikaanse inligtingsinstellings wat sê Noord-Korea brei sy wapenvermoëns uit nie.

'n Afvaardiging van Amerika het oor die naweek met sy eweknieë van Noord-­Korea by die grens tussen Noord- en Suid-Korea ontmoet om die volgende stappe in die implementering van die ­verklaring van 12 Junie se spitsberaad te bespreek. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!